Haal die twyfel uit akkerbou – met ’n Rhino spilpunt
DobHaal-die-twyfel-uit-akkerbou-met-n-Rhino-spilpunt/p>
Met ’n Rhino-spilpunt is jou insetkoste nie meer ’n dobbelwens nie, maar ’n belegging met ’n opbrengs waarvan jy seker kan wees.
Rhino-spilpunte word nommerpas gemaak om die boer jare en jare diens sonder sukkel of probleme te bied.
Net die beste hoëgraad-staal word gebruik vir pype van 114mm, 140 mm en 165 mm met wande van tot 3,5 mm dik. Dit word streng volgens SABS-standaarde gegalvaniseer.
Die spilpunttorings is spesiaal versterk om in Afrika-toestande te werk en hulle bene staan wyd uitmekaar om genoeg stabiliteit te besorg.
Die sentertoring is onwrikbaar stewig om die hele spilpunt ordentlik te anker en die hele ontwerp is stoer en sterk, maar nogtans lig en nie lomp nie.
Dit is nie altyd moontlik om die walle in aartappellande heeltemal gelyk te maak nie, vertel Henk Jacobs van Petrusburg, maar die Rhino met sy stewige, ligte ontwerp laat hom nie daarvan afsit nie. Hy stap sy gang sonder skade aan struktuur of aandryfmeganismes.
Henk is ook baie beïndruk met die flink diens en groot kundigheid van Rhino se mense. Hulle help die boer van die beplanningstadium af met akkurate afmetings, bepaling van die hoeveelheid water beskikbaar, pompspesifikasies, toevoerlynbeplanning, bepaling van die grootte van die spilpunt en die keuse van sproeierpakkette – hulle help jou selfs om finansiering te bekom.
Rhino bied jou ’n keuse van verskillende bandgroottes om jou land te pas, en jy kan ook ’n selfoonteksboodskap-beheermeganisme installeer om jou onmiddellik te waarsku as daar aan jou spilpunt se krag gepeuter word. Dit is hopelik slegte nuus vir kabeldiewe.
Ook die Rhino se beheerpaneel is sinvol en roesbestand ontwerp en vervaardig om jou volkome beheer te gee en ’n leeftyd te hou.
Rhino word gerugsteun met ’n volledige reeks onderdele, herstelwerk en diens – enige plek in die land.
Jy kan ook nou jou inkomste waarborg met ’n gewaarborgde Rhino-spilpunt. Praat met Koos du Plooy by 083-441-9576, of ons beplanners Christo Taljaard 082-315-3211 of Wolf Krüger 082-771-3469, of met een van ons agente:
• Vrystaat:
Gert Lamprecht
082-804-0469,
Jannie Taljaard
082-415-3440;
• Oos-Kaap:
André Swanepoel
082-378-9874;
• Piketberg/Namibië
022-913-2333;
• Natal:
Vryheid Besproeiing
082-929-3188;
• Limpopo:
NTK (Lammie)
082-800-1880;
• Loskopvallei:
NTK (Janneman)
082-802-8959;
• Nigel:
Hennie Kotzé
082-389-3159.