Haal die dobbel uit boerdery met ’n Rhino spilpunt
Die vernietigendste vyand wat die boer bedreig is wisselvalligheid: Wisselvallige produkpryse, wisselvallige klimaatsomstandighede en immer stygende insetkoste.
Om hierdie dreigende drake die hoof te bied, moet die boer soveel aspekte van sy produksieproses as moontlik beheer.
Die boer kan nie reën maak nie, maar hy kan sy opbrengs verseker met ’n gedugte en betroubare Rhino-spilpunt.
Die man agter Rhino is Marius Eksteen, eienaar van DIY Superstore in Bloemfontein, wat ook ’n wye verskeidenheid werktuie aan die landbou lewer.
Toe ’n ander spilpuntvervaardiger uit Bloemfontein onttrek het, het Marius al sy werkers in diens geneem en Rhino se eie, spiksplinternuwe fabriek met die mees gevorderde toerusting en prosesse opgerig.
Synde self ’n boer, glo Marius dat net gesonde oordeel ons boere vandag deur die drif sal trek. Besproeiingsboerdery is ’n toonbeeld van sulke gesonde oordeel, sê hy: “Met ’n spilpunt kan jy op ’n klein hoeveelheid hektare dieselfde oes as op baie groter marginale grond behaal, terwyl jou bewerking soveel minder is en jou resultate voorspelbaar.”
Maar dan moet daardie spilpunt sy man kan staan en sy werk getrou kan doen.
Rhino-spilpunte is spesiaal vir Suid-Afrika se strawwe toestande ontwerp. Daar word van die beste gehalte materiaal gebruik gemaak en met ’n warmdompelingsproses gegalvaniseer, wat aan streng SABS-standaarde voldoen, om jare en jare te hou. Dit geld nie net vir die pype en struktuur nie, maar ook vir elke bout en moer.
Deeglike navorsing is gedoen voordat op die regte elektriese en meganiese onderdele besluit is.
Rhino se span kundiges en agente-netwerk is gereed om enige boer enige plek in die land die beste diens te gee met die opmeet en uitleg van ’n spilpunt, bepaling van pompgroottes en watertoevoerlyne, aanbevelings oor die grootte spilpunt vir die spesifieke omstandighede, oprigting en herstelwerk aan bestaande spilpunte.
Diens en onderdele is in ’n kits landwyd beskikbaar deur ’n agentnetwerk en alle eenhede word gewaarborg.
Van die Rhino se gesogte kenmerke is:
- Die spesiaal versterkte A-rame staan lekker wyd vir stabiliteit en is duursaam om Afrikatoestande te trotseer.
- Sandvangers aan die begin van oorhange maak dit maklik om die stelsel skoon te maak en verhoed die verstopping van sproeiers.
- Alle seëls is duursaam en doeltreffend sodat geen water met lekkasies vermors word nie.
- ’n Lig op die spilpunt se punt vertel jou selfs in die duisterste nag in watter posisie jou spilpunt is.
Met ’n Rhino-spilpunt kan jy minder grond meer intensief benut om jou risiko te verminder en jou winsgewendheid te verseker.
Praat vandag nog met Koos du Plooy 083-441-9576, of met een van die agente: Gert Lamprecht by 082-804-0469, Jannie Taljaard by 082-415-3440 of Chris Botha (Oos-Kaap) by 072-913-4902, of met een van Rhino se beplanners: Christo Taljaard by 082-315-3211,Wolf Krüger by 082-771-3469 of Marius Eksteen 082-966-7771.