Categories: NewsPublished On: 9th June 2011

Grootkuddekonferensie was reuse sukses

By 1 min read

Die sewende twee-jaarlikse Suid-Afrikaanse “Large Herds”-konferensie wat hierdie week by die Premier Hotel Regent in Oos-Londen gehou is, was ‘n reuse sukses. Dit is deur ʼn afvaardiging bedryfsleiers en sprekers uit Nieu-Seeland, Australië, Amerika, Argentinië en Suid-Afrika en 350 konferensiegangers bygewoon.

Die MPO sê in sy weeklikse nuusbrief die doel van die konferensie is om deelnemers in staat te stel om met ‘n strategiese visie vir hulle eie plase, gebasseer op hulle individuele omstandighede en behoeftes, terug te keer. Konferensiegangers het groot kommersiële boere, opkomende boere en verteenwoordigers van die hele suiwelwaardeketting ingesluit.

 ‘n Aantal melkprodusente uit Uruguay het ook vir die eerste keer die konferensie bygewoon. Die konferensie is deur 20 maatskappye geborg, en verskeie plaaslike sowel as internasionale maatskappye het van die geleentheid gebruik gemaak om hulle produkte met uitstallings in die hoofkonferensiesaal en die uitstallerslokaal te bemark.

Soos gebruiklik, het ‘n plaasbesoek ook Woensdag plaasgevind. Hierdie jaar se besoek was aan Amadlelo, ‘n swartbemagtigingsgesamentlike-onderneming wat baie suksesvol blyk te wees.

Mnr Bertus de Jongh, HUB van die MPO, het gesê: “Die konferensie dien as katalisator om die plaaslike suiwelbedryf te verenig en ons is verheug om by die organisasie van so ‘n invloedryke geleentheid betrokke te wees. Dit is ‘n bewese feit dat produsente wat die konferensie bywoon ‘n mededingende voordeel bo hul eweknieë het.”

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment