Categories: NewsPublished On: 6th February 2012

Groot-windenergieplaas-by-Cookhouse-is-amper-daar

By 1 min read

Die konstruksie van die Cookhouse windenergie-plaas in die Oos-Kaap gaan in April begin.

Volgens mnr Tulsi Tanti, voorsitter en besturende direkteur van die Suzlon Groep, sal die konstruksie 12 – 15 maande duur. Die Suzlon Groep het verlede Desember goedkeuring by die Minister van Energie vir die konstruksie gekry. Die projek sal van Suzlon se 2,1 mW turbines gebruik maak en is tans een van die land se grootste hernubare-energieprojekte. Daar sal 200 turbines gebou word wat krag aan meer as 88 000 huise kan verskaf.

Mnr Tanti is optimities dat hulle maatskappy nog baie kontrakte gaan kry vir die oprigting van windturbines. Hy voeg by dat windenergie goeie waarde vir geld bied, die omgewing daarby baat en dat dit ‘n groot werkverskaffer in landelike gebiede kan wees. Dit is veral ook gunstig vir landbou.

Die Cookhouse-projek beloof om ‘n paar duisend werkgeleenthede te skep in die volgende drie jaar, nie net in konstruksie nie, maar ook in die instandhouding van die turbines.  

Suid-Afrika het ‘n dringende behoefte aan hernubare energie en “groen” aanlegte en die windenergiesektor kan aan beide voorsien. 

 

Bron: Business Live

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0