Categories: NewsPublished On: 16th November 2011

Groot tekort aan veeartse

By 1 min read
258 words

Suid-Afrika het tans 60 tot 70 veeartse per miljoen mense, terwyl die internasionale norm tussen 200 en 400 per miljoen is. Volgens prof Gerry Swan, dekaan van die Universiteit van Pretoria se fakulteit veeartsenykunde by Onderstepoort het Suid-Afrika nie eens ’n derde van die vereiste 650 staatsveeartse wat nodig is vir die voorkoming van beheerde siektes onder vee nie.

Daar is sowat sulke 50 siektes, waarvan die helfte aansteeklik is en die ander helfte insekoordraagbaar is. Een staatsveearts is nodig vir elke 60 000 stuks vee, wat varke, beeste, skape en bokke insluit.

Dit is veral staatsveeartsenykundige dienste, produksiedierkunde op die platteland en akademiese navorsing wat daaronder ly.

Die tekort kan uiteindelik ‘n bedreiging vir voedselsekerheid inhou, maar die grootste probleem is siektebeheer wat ook kan lei tot die oordrag van siektes na die mens.

In Suid-Afrika is 65% van geregistreerde veeartse mans en 35% vroue. Die omgekeerde tendens bestaan egter onder studente: 67% is vroue is en die res mans. Van die studente is 89,6% wit, 7% swart, 2,8% Indiërs en minder as 1% bruin.

’n Nuwe sesjaar-kursus wat by die Universiteit van Pretoria ontwikkel is, het tot groeiende belangstelling onder studente gelei.

Studente moes voorheen eers ’n drie jaar lange veeartsenykundige-biologie-program op die UP se Hatfield-kampus voltooi het voordat hulle die res van hul vierjaar-studie by Onderstepoort afgehandel het.

Afriforum is egter tans in ‘n geskil met die Universiteit gewikkel omdat top presterende blanke studente wat graag veeartse wil word, weggewys word. Die Universiteit gee voorkeur aan swart studente wat nie aan dieselfde akademiese vereistes as blanke studente hoef te voldoen nie. (Bron: Beeld)

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0