Groot-pampoenskaarste-in-die-Noordwestelike-state-van-die-VSA
![]() |
‘n Reuse pampoen tekort is die Noordwestelike state van die VSA se voorland nadat orkaan Irene meeste van die vrugte tot niet laat gaan het.
In die VSA bereik die vraag na pampoene sy hoogtepunt net voor Halloween aan die einde van Oktober.
Volgens ‘n boer het die groothandelpryse reeds verdubbel. Dit is onbekend wat die invloed van die tekort op kleinhandelpryse gaan wees.
Pampoene verkoop in diè tyd vir tot soveel as $15 per pampoen in groot stede soos New York.
Die Noordwestelike state se boere se verliese beteken dat ander pampoen produksie gebiede rekord winste uit hulle pampoenoeste kan maak. State soos Illinois, Indiana, California, Ohio en Michigan behoort ‘n groot slag uit hulle oeste te slaan.
Bron: Wall Street Journal