Categories: NewsPublished On: 31st October 2011

Grondhervorming is grootste bedreiging

By 1 min read

Grondhervorming word as die grootste bedreiging vir die volhoubare produksie van varsprodukte beskou. Dit blyk uit ‘n opname wat by die allFresh-konferensie onder die aanwesiges gedoen is.

Die kongres is onder andere  bygewoon deur boere, diensverskaffers, uitvoeragente, invoerders, handelaars en regeringsverteenwoordigers.

Die tweedegrootste bedreiging wat die bedryf ervaar is die agteruitgang in infrastruktuur. Daarna volg insetkoste, die veiligheid van boere, onvolhoubare produksiepaktyke, onvoldoende bio-sekuriteit en die regering se vermoë om dit toe te pas, koolstofvrystelling, veranderings soos nuwe areas en kultivars en dan arbeidswetgewing.

Ander faktore wat ‘n invloed het op volhoubaarheid fitosanitêre en etiese kwessies, markkompetisie en gebrekkige opleiding en ondersteuning van swart boere.
 

Een van die interessante uitstallings by die allfresh-konferensie was die Infigro-tonnel. Die maatskappy vervaardig perliet vir hidroponiese verbouing. Perliet is ‘n soort vulkaniese rots wat vorm wanneer lawa vinnig afkoel. Dit het ‘n neutrale suurheidsgraad wat dit ideaal maak vir ‘n groeimedium. Infigro werk saam met ‘n bekende kundige op die gebied van hidroponiese verbouing, Ben Safronovitz, om aan boere ‘n volledige pakket met inligting te gee.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment