Categories: NewsPublished On: 11th January 2011

Grond:-ANC-laat-meer-vrae-as-antwoorde

By 1 min read

Uit mnr Jacob Zuma se lang toespraak tydens die nege-en-negentig jarige herdenkingsfunksie van die ANC word maar min aandag aan boerdery en grondbesit geskenk.

Om meer grond beskikbaar te maak vir grondherhorming en restitusie, oorweeg die regering drie maniere van grond “hou” soos hy dit gestel het, naamlik: 
  1. Staatsgrond wat alleenlik gehuur kan word
  2. Die beperkte “hou” van privaatgrond 
  3. Buitelanders wat grond kan huur maar deur Suid-Afrikaners besit moet word
 Agri SA sê in sy reaksie dat daar reeds miljarde rande aan grondrestitusie bestee is maar dat dit byna sonder uitsondering op klaaglike mislukkings uitgeloop het.
 
Mnr Johannes Möller, President van Agri SA sê dat sy organisasie egter steeds ten volle bereid is om ‘n sinvolle grondhervormingsprogram te ondersteun.
 
Hy meen dat die privaatsektor ‘n groot rol kan speel mits hulle toegelaat word en die nodige finansiële ondersteuning kry. Hy beklemtoon dit dat die proses spoedig afgehandel moet word.
 
Mnr Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansberg Distrik Landbou Unie van TLU SA sê in sy reaksie op die toespraak dat beperkings op boere se eiendomsreg in 2011 gaan toeneem. “Dit is die roeping en plig van die lede van Soutpansberg Distrik Landbou Unie om landbou te beskerm en uit te bou” sê hy.
 
Mnr Zuma het ook in sy toespraak gesê dat wetgewing gebruik sal word om plaasblyers en plaaswerkers te beskerm en dat daar seker gemaak sal word dat hierdie wetgewing toegepas word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0