Categories: NewsPublished On: 30th August 2010

Groenteproduksie-met-KKSB:-Die-saad-bepaal-die-sukses

By 3 min read
Pierre Maritz, navorsings-bestuurder van KLEIN KAROO Saad Bemarking, en Deon Rossouw van Cede Greenhouses by die netjiese kweekhuis en nethuis wat Cede op die proefplaas opgerig het. Met hierdie geriewe kan die ontwik-keling van ’n nuwe kultivar in drie jaar voltooi word.

Miljoene mense moet eet en hulle word al meer, maar produksiehulpmiddels bly grootliks dieselfde.

Dit is hoekom dit so belangrik is om almaardeur nuwe, beter groentevariëteite te ontwikkel wat ’n groter, gesonder opbrengs lewer en hulleself beter teen siektes en bederf verset.

In hierdie proses is KLEIN KAROO Saad Bemarking ’n besliste markleier, en ook geen wonder nie, want die maatskappy se bestaansdoel is immers om die hoogste gehalte saad, raad en professionele dienste aan die boer te voorsien, insluitende gevorderde tegniese ondersteuning en die hoogste vlak van betroubaarheid en stabiliteit.

En dit is presies wat KLEIN KAROO Saad Bemarking met sy groentesaad handelsmerk, Afrigro, doen. Daarom is Afrigro die snelgroeiendste groentesaadhandelsmerk in Suid-Afrika met sy baster- en oopbestuifde saad vir professionele plaaslike boere, die uitvoermark en huistuin-groentekwekers.

Om aan alle kliënte se behoeftes te voldoen, het KLEIN KAROO Saad Bemarking eksklusiewe versprei-dingsooreenkomste met maatskappye soos Zeriam Gedara, Syngenta en Bejo Zaden.

Die maatskappy se slimkop-saadtelers ontwikkel en vermeerder groentesaad by die KLEIN KAROO Saad Bemarking, proefplaas by Schoemanshoek naby Oudtshoorn (waar die LNR se nasionale lusernproewe ook geplant word) en op boere se plase.

Op oop lande soos hierdie een by Klein Karoo Saad se proefplaas by Schoemanshoek naby Oudtshoorn, neem dit sowat agt jaar om ‘n nuwe pampoenkultivar te ontwikkel.

’n Interessante projek waarmee KLEIN KAROO Saad Bemarking tans saam met die Europese Unie besig is, is om pampoene vir Afrika te teel. Pampoen is ’n gewilde en voedsame voedelsoort vir mense nader aan die ewenaar, maar kan tot dusver nie suksesvol daar verbou word nie as gevolg van die klimaat en siektes in die gebiede.

Wanneer KLEIN KAROO Saad Bemarking se Afrika-pampoensaad gereed is, kan dit ’n baie belangrike rol in voedselvoorsiening en die bekamping van ondervoeding speel.

Enige boer wat sulke heerlike, gesonde, dikvlesige pampoene produseer is die verbruiker se held. Dit is een van KLEIN KAROO SaadBemarking se jongste F1-hibriede wat tans in die ontwikkelingsproses is om te sorg dat boere ook in die toekoms die voordeel van die beste kultivars kan geniet.

Om ’n nuwe pampoenkultivar te ontwikkel verg normaalweg so agt jaar, sê KLEIN KAROO Saad Bemarking se navorsingsbestuurder, Pierre Maritz. Ongelukkig is die mark gewoonlik haastig en daarom rig KLEIN KAROO Saad Bemarking nou kweekhuise op sy proefplaas op, wat kunsmatig seisoene skep om die ontwikkelingstyd tot drie jaar te verminder.

Hierdie ontwikkeling sal natuurlik ook tot plaaslike groenteboere se voordeel strek om nog gouer nog beter kultivars beskikbaar te stel.

Laat KLEIN KAROO Saad Bemarking se wensaad jou hierdie seisoen ’n wenboer maak. Vir meer inligting en ’n volledige lys van al die winsmaker-groentekultivars wat KLEIN KAROO Saad Bemarking bied, skakel die landwye kantore by Oudtshoorn (hoofkantoor) 044-203-5180, Potchefstroom by 018-293-1233, Bethal by 017-647-6431, George by 087-802-6994, Brits by 012-252-6849, Malmesbury by 022-482-2345, Louis Trichardt by 015-516-4809 of Senekal by 058-481-4691. Alternatiewelik teken aan by  www.seedmarketing.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0