Groen-trekkers-gee-die-soet-smaak-van-sukses!
John Deere verkoop nie net trekkers nie, maar oplossings waarmee die boer sy werk doeltreffender en ekonomieser kan verrig. Hohls Farming se span John Deere 6225’s sleep sulke 7-tonvragte suikerriet uit die lande na die laaiwerf en doen ook grondvoorbereiding en ander werk. Hierdie trekkers werk omtrent 1 800 tot 2 000 uur per jaar. |
Suikerboerdery kan ’n soet ervaring wees as jy die regte trekkers het. So sê Colin Hohls van Hohls Farming wat op verskeie plase in Zoeloeland suikerriet, hout, avokados, kool en tamaties verbou.
Daardie regte trekkers is John Deere, verklaar Colin met volle oortuiging, gegrond op praktiese ondervinding.
Hohls Farming is ’n familieboerdery wat reeds in 1980 by Dalton begin het. In 1997 het hulle na Eshowe verskuif en intussen meer plase in die Eshowe- en Melmoth-omgewing aangeskaf.
Hulle gebruik John Deere reeds van die begin af en Colin glo dat dit een van die redes vir die onderneming se sukses is. Saam met van die plase wat hulle bygekoop het, het hulle trekkers van ander soorte “geërf” en dit het Colin se waardering vir John Deere net groter gemaak.
“John Deere is betroubaarder, doeltreffender en ratser,” sê Colin, “en die trekkeroperateurs stem daarmee saam.”
By die John Deere 6330 van 80 kW met sy laaigraaf wat binne sekondes aan- en afhaak staan Colin Hohls, Sean Stuart, hoofbestuurder van Hohls Farming se Melmothboerdery, en Tots Oscroft |
Hy vertel hoe nuwe operateurs wat aan ander trekkers gewoond is se gesigte straal wanneer hulle eers gevoel het hoe lekker dit is om agter ’n John Deere se stuur te sit. ’n John Deere draai knapper sodat dit nie nodig is om telkens heen en tru te stoot nie, en sy hidrouliese stelsel is net beter en sterker.
’n Belangrike voordeel is dat John Deere nie bloot trekkers verkoop nie, maar oplossings bied, vertel Colin.“Mascor is die John Deere-agente en hulle kundige mense hou saam met ons werksessies om ons trekkerbehoeftes noukeurig te bepaal. Ons het verlede jaar op kleiner trekkers besluit om op die hellings in die suikerrietlande te werk en ook omdat ons nie so baie grondvoorbereiding soos mielieboere hoef te doen nie.”
Die trekkers ry 7-tonvragte uit die land na die laaiwerf, sommiges doen grondvoorbereiding en sny gras en sleep ander vragte, en vir dié werk is op John Deere 6225-trekkers van 66 kW besluit.
Hohls Farming het ook besluit om vir die eerste keer sommer sewe nuwe trekkers aan te koop, maar terselfdertyd hulle vloot van 19 tot 14 trekkers terug te sny. Terselfdertyd het hulle John Deere se “Merit Claim” aangeskaf, wat ’n verlengde waarborg van 5 000 uur of 5 jaar op alle hoofslytonderdele is.
Dit beteken dat daar nou ’n flink span nuwe trekkers aan die werk is, dat daar geen staantyd is nie, dat doeltreffendheid en produktiwiteit drasties verbeter is en dat groot besparings ten opsigte van operateurs en brandstof behaal word.
Die 6225-trekkers werk skofte van 7 tot 8 uur en gebruik 5,5 liter diesel per uur, waarmee Colin nog nie tevrede is nie. Hy wil ’n dieselverbruik van 3,5 liter per uur hê en beplan om met die volgende aankooprondte nog kleiner trekkers te koop – 58 kW of maksimum 60 kW. Maar dat dit weer John Deere sal wees, is verseker.
Colin se Duitse afkoms slaan trots deur as hy vertel dat al Hohls Farming se John Deere-trekkers in Duitsland gemaak is, maar hy verklaar dat ’n mens maar ’n John Deere kan koop wat in enige land gemaak is. “Alle John Deere-fabrieke werk volgens streng spesifikasies en nie een kan ’n minderwaardige trekker maak nie.”
Colin is ook beïndruk met die feit dat diens en onderdele altyd beskikbaar is en dat John Deere-onderdele in sommige gevalle selfs minder as dié van gewone trekkers kos.
Maar die boer moet darem ook sy goed versorg en oppas, glo Colin. Sy pa se reël dat olie gereeld vervang moet word en dat net egte John Deereonderdele gebruik moet word, geld nog steeds en so het hulle al ’n John Deere 2140 gehad wat 24 000 uur gewerk het voordat sy enjin aandag nodig gehad het.
Vir grondvoorbereiding het Hohls Boerdery sy eerste kajuittrekker aangekoop – ’n 6330 van 80 kW. Ook dit was ’n baie gesonde besluit omdat die operateur nou graag ’n paar ekstra ure werk in die gerief van beskerming teen die elemente, lugversorging, ’n yskas en ’n radio.
John Deere kan ook jóú boerdery ’n soet ervaring maak. Praat met jou naaste John Deere-handelaar oor die trekker en die maatskappy wat jou meer bied. As jy nie weet wie jou handelaar is nie, vra vir Carel Theron by 082-802-2209.