Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Groei is lekker onder Alnet

By 2 min read

&rsGroei-is-lekker-onder-Alnet/p>

Loof is die groen blare wat net so belangrik as die blomme is om enige rangskikking ’n meesterstuk te maak.

Maar die varings waarvan loof verkry word is nogal kieskeurig wat groei-omstandighede betref. Hulle eis goed gedreineerde grond sodat hulle voete nie in die nattigheid staan nie, net die regte ligintensiteit, die regte temperatuur en die regte lugvoggehalte.

Rondom Nelspruit is die sanderige grond met ’n klei-inhoud van net 10 tot 15% nommerpas en veral in die reënseisoen is die lugvog ook net reg.

Vir die res van die varings se behoeftes sorg Alnet se gerieflike 40 hektaar net­huise op verskillende plase waarin die varings floreer. Kyk net:

’n Varing groei agter die lig aan. As hy te veel lig kry, dan ontwikkel hy nie ’n mooi lang steel soos wat die mark verkies nie en dan is sy kleur ook nie daardie mooi, sagte, helder groen nie.

Alnet se 70% swart skadunet laat net die regte hoeveelheid lig deur om die varing tot sy beste prestasie aan te spoor.

’n Varing vra genoeg water. Tussen die reën en die oorhoofse besproeiing sorg Boet Monni en sy span dat die varings minstens elke derde dag 15 tot 25 mm water ontvang.

Alnet se nethuise skep ’n mikroklimaat wat die lugvoggehalte na die varings se smaak hou sodat hulle deurgaans geil kan groei.

Die beste temperatuur vir ’n varing se smaak is so 24 tot 25 grade. Die somertempe­ratuur in die Laeveld wissel tussen 8 en 38 grade. Alnet se nethuise help om hierdie uiterste wisselings te temper sodat die varings gelukkig en tevrede kan groei.

En as die ryp in die winter wit lê, bly die varings ongeskonde onder die Alnet-beskerming.

Die nethuise beskerm ook die varings teen wind- en haelskade en hou motte uit om die varings teen wurms, wat groot skade kan aanrig, te beskerm.

Alnet is ’n ware belegging, sê Boet, bestuurder van Varing- en Loofproduksie. As jou konstruksie reg is en daar is nie te veel rukwinde nie, hou jou net maklik langer as 25 jaar.

Boonop is Alnet se mense ervare kundiges wat jou van die begin af help met die beplanning en konstruksie. Hulle loop al die pad saam met die boer sodat jy die voordeel van sowel ’n sinvolle reeks staatmakerprodukte as ’n skatkis van kundigheid geniet.

Alnet is die antwoord vir skadu- en haelnet, vrag- en visnet, tou en elektrifiseringstou vir strookbeweiding. Praat vandag nog met Ernst Oosthuizen by 083-412-5317 of besoek www.alnet.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0