Categories: NewsPublished On: 2nd June 2011

Greenfields se nuttige tegnologie beïndruk boere

By 3 min read
Jy kon duidelik by Nampo sien hoe elke boer se gesig ophelder wanneer hy Greenfields se uitstalling bekyk, bevoel en bespreek.
 
Dit is ook geen wonder nie, want Greenfields-produkte is almal toonbeelde van nuttige, vernuftige tegnologieoplossings.
 
Boonop is Greenfields se werktuie bekostigbaar, maklik om te gebruik, duursaam en rotsvas gerugsteun deur
noukeurige naverkoopdiens en blitsige onderdelebeskikbaarheid.
 
Foton-trekkers was een van die gewilde aandagtrekkers. Sedert die eerste Foton in 2006 voet aan wal gesit het in Suid-Afrika, het hierdie betroubare, maar bekostigbare kalant al hoe meer respek by boere verwerf.
 
Foton strewe daarna dat jou trekker lewenslank ’n nuttige belegging moet wees. Die prys is waarlik waarde vir geld; Foton is ontwerp en gebou om jou net die beste diens te gee; die naverkoopdiens mik daarna dat jou 
 
Foton jou nooit in die steek sal laat nie; en onderdele is wyd en vinnig beskikbaar – en ’n derde goedkoper as wat enigiemand anders bied. Foton-trekkers is gewaarborg vir twee jaar of 1 800 uur en daar is verskeie opsies van verlengde waarborge en diensplanne beskikbaar.
 
Greenfields strewe om die beste diens te bied, om die laagste eienaarskoste te bewerkstellig, om die boer van
betroubare en duursame masjiene te voorsien, om die minimum staantyd toe te laat en om ’n hoe herverkoopwaarde te verseker.
 
Daarvoor het Foton-dienssentrums hoogs opgeleide tegnici wat aan die voorpunt van die tegnologie bly. Foton se klein rondebalertjies het groot aandag by Nampo geniet. Dit is perfek vir saaiboere wat ook ’n klompie vee aanhou en vir kleinhoeweboere, sodat hulle teen ’n lae koste voortreflike bale kan maak, ook op plekke waar jy voorheen nie kon bykom nie, soos in wingerde en boorde en tussen mielierye.
 
Die Foton B70 en B90 se klein ronde bale hanteer maklik sonder die spesiale toerusting wat vir groot ronde bale nodig is, maar met al die voordele van ’n ronde baal, soos dat dit waterbestand is en buite geberg kan word.
 
Die B70 maak bale van 61 x 70 cm en die B90 bale van 90 x 100 cm.
 
Spesiale aanbiedinge van ’n baler, ’n trekker, ’n swaailemsnyer en ’n hark is beskikbaar om jou eensklaps tot
hooiboer te verhef.
 
Die B70 is al vroeer bekend gestel, maar boere kon die B90 vir die eerste keer by Nampo sien. Sy aaneenlopenderollerontwerp verseker beter samepersing, vorm en digtheid van bale. Hy het drie digtheidverstellings en ook drie keuses van hoeveel baaltou jy om elke baal wil draai.
 
Die B90 het sy eie hidrouliese stelsel wat van die kragaftakker af werk, sodat jy nie pype aan die trekker se stelsel hoef te koppel nie.
 
Hy pas aan die trekker se driepuntstelsel sodat hy maklik in klein plekkies kan draai, sodat die kragaftakkeras veiliger is en sodat hy maklik op die pad vervoer kan word.
 
Die B90 se opteller is 90 cm wyd en hy baal en bind soos ’n droom. Die stelsel word beskerm deur breekboute en ’n glipkoppelaar en dit is maklik en goedkoop om hom te onderhou.
 
Vir die groot voerboer het Greenfields natuurlik die gewilde McHale-balers, wat ook lewendige aandag by Nampo getrek het.
 
McHale is ook die vervaardigers van doeltreffende baaltoedraaiers, en Greenfields het pas die sterk, skeurtrae Greenwrap-toedraaimateriaal, spesiaal vir toestande in die Suidelike Halfrond, bekend gestel.
 
As jy nou die beste bale met die beste trekkers, balers en toedraaiers gemaak het, moet jy dit nog net op die beste manier vir jou vee voer, en daarvoor het Greenfields die gewilde Siloking-voermengers.
 
Siloking span verskeie tegnologiese briljanthede, soos horisontale awegare, in om die mees homogene voer met die regte struktuur te bied. As ’n boer ’n Siloking-menger aanhou, weet hy Greenfields sal sorg dat sy beeste nooitstaan en bulk vir hulle kos nie.
 
As jy so ongelukkig was om Greenfields se uitstalling by Nampo mis te loop, is alles darem nie verlore nie. Besoek www.fotontractors.co.za of www.greenagri.co.za vir meer inligting.

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment