Categories: NewsPublished On: 14th October 2011

Grassnyers-span-saam-om-rekord-te-breek

By 1 min read

Hoeveel Husqvarna ry-grassnyers is nodig om ‘n Guinness Wêrld-rekord te breek? Die antwoord: 710 en dis g’n Ierse grappie nie.

Om ‘n lang storie kort te knip:

Honderde grassnyers en hulle drywers het onlangs hulle pad na die Wêreld Guinness-rekord oop gesny deur gelyktydig dieselfde veld in Dunnamaggin se gras te sny. 

Die fondse wat tydens die geleentheid ingesamel is het aan twee instansies gegaan:

Die Camphill-tehuise, wat kinders en volwassenes met gestremdhede en ander spesiale behoeftes versorg en Dunnamaggin se GAA. 

Eintlik kon die rekord met net 82 grassnyers breek gewees het. Die Iere het egter besluit dat terwyl hulle nou die moeite doen, hulle dit net sowel voluit kan doen en dus het die rekord behoorlik gespat.

Dunnamaggin is ‘n dorpie in die Kilkenny-distrik in die suide van Ierland. Die GAA staan vir die Gaelic Athletic Association, ‘n Ierse vereniging wat tradisionele Galliese sport soos hurling en camogie bevorder. Hurling en camogie ‘n stok-en-bal spansport, waarvan eersgenoemde deur mans en laasgenoemde deur vroue gespeel word. Die GAA bevorder ook Ierse musiek en dans en die Ierse taal.

 Vir meer inligting oor Husqvarna, besoek www.husqvarna.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0