Gou,-goedkoop,-doeltreffende-Duitse-tegnologie:-Degesch-se–pulsFOG-verstuiwers-knikker-peste-uit
So lekker as wat plante in jou kweekhuis, tonnel of nethuis groei en floreer, net so lekker boer peste en plae vooruit in die aangename, beskermde omstandighede.
En hulle weet dat dit vir enigeen ’n onaangename taak is om met ’n gewone spuit in ’n bedekte gebied te werk om hulle te probeer bestry. Tot 80% van die spuitstof kan van die plante afloop en in die grond beland, waar dit die nuttige grondlewe doodmaak en die grondwater besoedel.
Boonop skuil peste en kieme onder blare en teen dakstrukture waar jy hulle nie met ’n gewone spuit bykom nie en die groot volume water wat vir dié metode vereis word, bevorder swamsiektes en vlek produkte.
Maar slegte nuus vir al wat pes, plaag en kiem is, is dat plaagbestrydingsmiddels, toegedien met een van pulsFOG se ULV (ultra lae volume)-masjiene, geen ontsnapkans bied nie.
Hierdie tegniek berus op die beginsel dat die water-spuitstofmengsel tot klein misdruppeltjies verstuif word, so 10 µm groot. Sou jy een liter vloeistof in sulke klein druppeltjies opbreek en dit egalig oor ‘n oppervlak van 1 hektaar versprei, dan sal daar teoreties so 19 000 druppeltjies op elke vierkante sentimeter beland.
Dit is hoekom jou spuitoplossing met hierdie metode tot ’n honderdste verminder kan word sonder om die doeltreffende werking daarvan te verminder. Met pulsFOG-toerusting is volumes van 1,5 tot 2 ℓ/1 000 m2
doeltreffend.
Maar dit is nie al nie. Met hierdie tegniek hoef jy nie moeisaam elke plant en blaar te probeer bespuit nie. Nee, jy plaas bloot jou pulsFOG-verstuiwing-spuit in die tonnel of nethuis en skakel hom aan. Die spuitmiddelmis wat hy
uitblaas dwarrel in die ingeslote ruimte rond om letterlik elke hoekie en skeurtjie te bereik.
As jou kweekhuis te groot is, help jy die dwarreling met waaiers aan volgens die resep en patroon wat pulsFOG se
kenners vir jou gee en siedaar – jou stryd is binne minute gewonne!
Een werker met ’n K-30 termiese misspuit kan ’n kweekhuis van ’n hektaar binne ’n uur doeltreffend behandel teen ’n tempo van 3 tot 5 minute per 1 000 m2.
PulsFOG het ’n misspuit vir elke moontlike toepassing. Die termiese misspuite werk volgens die pulssproeierbeginsel. Buiten ’n vergasserdiafragma wat die pulse voortbring, het dit geen bewegende dele nie. Dis hierdie misspuit wat die afgelope 40 jaar die tier was van blaaspootjie, witvlieg, blaarmyner, poeieragtige skimmel en botritis.
Die ULV (ultra lae volume)-metode bereik nie net alle verskuilde peste nie, maar dit skakel ook spuitstofvlekke op produkte uit en bespaar tot 90% van die tyd wat andersins aan bespuiting bestee is. Boonop is dit meer omgewingsvriendelik en veiliger vir werkers.
PulsFOG is ook perfek vir die ontsmetting van dierebehuising soos hoender- en varkhokke, en vir die beheer van insekte soos muskiete, huisvlieë, sandvlieë, bytende muggies, tsetsevlieë, swartvlieë, kokkerotte en miere.
Moenie verder sukkel nie. Praat vandag nog met Eddie Engelbrecht van Degesch by 082-450-9199 en wen jou oorlog teen peste en plae – maklik, gou en doeltreffend. Jy kan hom ook e-pos by eddiepest@absamail.co.za
of ’n besoek www.degesch.co.za. Dis mense wat die boer verstaan.
Degesch SA (Edms) Bpk is die agent vir pulsFOG, en beskik oor ’n volledige dienssentrum en onderdele reeks.
Degesch is ook die vervaardiger en verspreider van Phostoxin®.