Categories: NewsPublished On: 4th October 2011

Goliat-van-Gat–is-vir-jonk-en-oud

By 1 min read
Planttyd vir die 2012 Goliat van Gat-pampoenkompetisie is eersdaags hier. Die kompetisie word steeds groter en daar  sal  volgende jaar kompetisies in Pietersburg, Pretoria, Stilbaai, Pietermaritzburg, Utrecht, Hennenman, Hartbeespoort, Swartwater en Marble Hall plaasvind.  
 
Goliat van Gat  is werklik vir oud en jonk en poog om ondersteuning vir boere in Suid-Afrika te kweek. 
 
Stedelinge kan in ‘n klein tuintjie net so groot pampoen as die mees gesoute boer met ‘n reuse plaas kweek. Al wat die pampoenplant nodig het is goeie versorging en ‘n bietjie liefde. Verlede jaar se nasionale wenner het ‘n pampoen van 325 kg gekweek. Is daar iemand wat dalk ‘n 400 kg pampoen kan kweek?
 
Die kinders geniet dit baie om te sien hoe die pampoene groei en dit word ‘n groot besprekingspunt onder hulle maats.  
 
Buiten vir die grootste pampoen word pryse ook vir die mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen toegeken.
 
Die inskrywingsgeld is R50 en daarvoor ontvang jy ook jou  pakkie met 4 pitte in.
 
Daar kan ook per pos ingeskryf word. Betaal R55-00 per inskrywing in die Cullinan Boere-unie se rekening in (Nedbank Premier Myn, rekeningnommer 1620-248-778) en faks die bewys van betaling met jou naam, nommer en pos-adres na 012-804-2014. Hou dan na ‘n week of wat jou posbus dop vir jou pitte.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0