Categories: NewsPublished On: 23rd February 2011

Goliat-van-Gat-is-om-die-draai

By 1 min read

Dit is amper pampoenfeestyd in Pretoria. Die hoogtepunt van hierdie jaar se Goliat van Gat-wedstryd vind op Saterdag 26 Maart by die Pioniersmuseum in Silverton plaas.

Die wedstryd word deur die Cullinan Boere-unie in samewerking met TLU SA, Radio Pretoria en die Pionier Museum ten bate van Volkshulp 2000 aangebied.

Benewens die GROOTSTE, mooiste, lelikste en die oorspronklikste pampoene, sal daar ook vele ander bedrywighede wees om ieder en elk heeldag te vermaak, met snuisterystalletjies, musikante en eet en drinkgoed om van te kies en te keur. 

Die wenner van die swaarste pampoen wat ingeskryf word ontvang R3000 kontant wat deur Uitkyk Vleismark in Silverton geborg word.

Pryse word ook toegeken vir die mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen sowel as vir die grootste pampoen gekweek deur `n jongkweker onder die ouderderdom van 16. 

Daar sal ook meegedoen kan word aan pampoenpitspoeg-, pampoendra- en gewigraai-wedstryde. Die Transvaal Houtsnyersgilde bied `n pampoenkerfkompetisie aan.

Die fees poog om ondersteuning vir boere in Suid-Afrika te kweek. Deur self pitte te koop, te plant en te versorg kom deelnemers vinnig agter dat peste, plae en weerstoestande in SA `n groot rol speel in die verbouiingsproses. 

Kry meer inligting by Henri Combrink by 082-552-9428 of stuur `n e-pos aan Lynette by sentraal@tlu.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment