Goeie-styging-in-suiweluitvoere
Suiweluitvoere vir die eerste kwartaal van 2011 is 87% hoër as gedurende dieselfde periode in 2010. Die Melkprodusente-organisasie sê in sy jongste nuusbrief indien die huidige neiging voortduur, mag die totale uitvoere in 2011 dalk die totale invoere oorskry.
Op ʼn melkekwivalentbasis is 23,7 miljoen liter uitgevoer, in vergelyking met 12,7 miljoen liter gedurende dieselfde periode in 2010. Invoere gedurende die eerste kwartaal het ook toegeneem, alhoewel nie teen dieselfde tempo as uitvoere nie. Volgens die MPO-ekonoom, dr Koos Coetzee, dui die verhoging in uitvoere daarop dat die suiwelbedryf se gebruiklike Afrika-markte besig is om van die resessie te herstel.
Hoewel die uitbreking van bek- en klouseer die uitvoer van rou melk belemmer, geld die beperkings nie vir verwerkte produkte soos UHT-melk en melkpoeier nie.
Tabel 1: Totale in- en uitvoere (melkekwivalentbasis) Januarie tot Maart 2010 en 2011
|
Jan – Mar 2010 |
Jan – Mar 2011 |
% Verandering |
Invoere (miljoen liter melkekwivalent) |
26,5 |
32,2 |
21% |
Uitvoere (miljoen liter melkekwivalent) |
12,7 |
23,7 |
87% |
Netto invoere (miljoen liter melkekwivalent) |
13,8 |
8,4 |
-40% |
Bron: SARS statistiek verskaf deur Agri Inspec