Goeie nuus vir boere: BP Implemente en Tafe trekkers is nou in een kraal!
’n Volledige reeks staatmaker-werktuie van die hoogste gehalte waarop die boer deur dik en dun kan reken – dis waarvoor BP Implemente die afgelope 41 jaar bekend geraak het.
So gewild is BP Implemente se produkte dat dit baie moeilik geword het om tydig in die groeiende aanvraag te voorsien.
Boere sal bly wees om te verneem dat hierdie probleem vinnig besig is om iets van die verlede te word danksy die feit dat Michigan-trekkers, die verspreiders van die gewilde Tafe-trekker, en BP Implemen-te nou een word.
Dit beteken ’n kapitaalinspui-ting en kapasiteitsvermeerdering wat verseker dat die groeiende aanvraag reeds al hoe flinker en ratser bevredig word.
Maar oor en ding word daar geen toegewings gemaak nie – die onbetwisbare gehalte van BP Implemente se produkte mag geen aks agteruitgaan nie. Só gesteld is Michigan-trekkers op BP Implemente se goeie naam, dat hulle daarop aandring dat die naam behou moet bly en dat dit deur middel van reklame en produk-identifikasietekens selfs sterker gevestig moet word.
Die nuwe onderneming is ook nie bereid om afstand te doen van die bestaande personeel, onder leiding van Bert en Beverly Bekker, se kundigheid en bekwaamheid nie. BP Implemente het immers oor 41 jaar ontwikkel tot ’n bate waarop ons boere reken, sê Pieter Venter van Michigan-trekkers.
Onder leiding van Johan Botha het Michigan-trekkers self sedert hy in 2006 Tafe-trekkers begin bemark het, aanskoulik, maar gesond gegroei. Die maatskappy het meer as 40 handelaars regoor die RSA, Botswana, Namibië en Mosambiek, en die samevoeging van Michigan en BP Implemente se handelaars, sal boere net tot voordeel strek.
Michigan glo daaraan om dadelik produkte en diens te kan lewer. As ’n boer ’n trekker nodig het, kan hy nie sit en wag tot die seisoen verby is nie. Daarom het Michigan altyd tussen 250 en 300 Tafe-trekkers in voorraad sodat hulle enige bestelling flink kan uitvoer.
Hulle het ook R4,5-miljoen se onderdele in voorraad, sodat ’n Tafe-trekker nooit hoef te staan nie.
Michigan bied vyf Tafe-model-le van 35 tot 61 kW teen uiters mededingende pryse en met ’n waarborg van 1 200 uur of ’n jaar. Volgens Pieter Venter getuig die lae bedrag wat aan waarborgeise uitbetaal moet word van die betroubaarheid van die trekkers.
Dis hoekom al hoe meer boere al hoe meer Tafe-trekkers aanskaf, soos die Claassens van Sasolburg wat nou al veertien Tafe-trekkers het, waarvan een nou al 6 000 uur probleemvrye diens gelewer het.
Per slot van rekening, as Tafe nie voortreflike trekkers was nie, sou AGCO volstrek nie 26% van die maatskappye se aandele besit het nie.
Die mikpunt is om BP Implemente se produksie so op te skuif dat daar ook altyd onmiddellik voorraad beskikbaar sal wees. Vir dié doel is reeds bykomende personeel aangestel en gevorderde toerusting in bedryf gestel.
BP Implemente se produkreeks is groot en hoog in aanvraag, daarom sal voorlopig daarop gekonsentreer word om die mark ten opsigte van die bestaande reeks te bevredig, maar hy sien dit nou al kom dat daar later ook groter werktuie vervaardig gaan word, sê Pieter Venter.
Nogtans kan BP Implemente spesiale werktuie op aanvraag vir boere ontwerp en vervaardig. Jy hoef bloot te sê wat jy nodig het en daarvandaan sal BP Implemente se ingenieurs dit ontwerp.
Vir meer inligting oor Michigan-trekkers en die gewilde Tafe-reeks, praat met Pieter Venter by 018-381-5485 of 083-233-7550 of e-pospieter@tractorsales.co.za, of Johan Botha by 083-755-9557 of johan@tractorsales.co.za.
By BP Implemente staan Beverly Bekker by 056-515-1066 of bevbekker@bpimplemente.co.zareg om inligting te verskaf, en Bert Bekker by 082-550-5064 of bertbekker@bpimplemente.co.zaof ook José de Melim by 079-888-4225 of jose@bpimplemente.co.za
Michigan-trekkers se webwerfadres is www.tractorsales.co.zaen BP Implemente s’n www.bpimplemente.co.za.