Categories: NewsPublished On: 4th August 2011

Goeie-kos-lewer-goeie-vleis

By 4 min read
770 words
Dit is net goeie kos en goeie genetika wat van ’n bul so ’n bielie kan maak, sê die trotse teler, Dail van Rensburg, hier by sy uitstalling by Nampo.
Vir ’n Romagnola-bulletjie wat na verwagting die skaal op 10 maande so na 500 kg toe behoort te trek, is net die beste kos goed genoeg – kos wat woema gee sodat dit in vleis omgesit kan word.
 
Dail van Rensburg van Rensbou Beestelers naby Delareyville glo dit is noodsaaklik dat sy beeste aanvullend tot hulle ruvoer, ’n gebalanseerde lekaanvulling kry wat aan al hulle behoeftes voldoen.
 
Hy het so ’n paar jaar gelede sy lekke en aanvullings by KK Animal Nutrition begin koop en is nog glad nie spyt nie. Die fosfaat-spoormineraal aanvulling en voergraad ureum voldoen aan al die behoeftes van die verskillende boerderyafdelings van Rensbou.
 
Op die plaas is daar drie verskillende stoete, naamlik Rogmanola, Santa Gertrudis en ’n Afrika-beestipe, Ankole. Daar is ook ’n voerkraal vir speenkalwers. 
 
Dail sê: “Een van die groot voordele van KK Animal Nutrition se produkte is dat ek dit, saam met hulle selfmeng resepte, kan gebruik om my eie lekke en voere na gelang van behoefte en seisoen te meng.” Vir die stoetbeeste word winter- en somerlekke gemeng en vir die speenkalwers word produkte in ’n konsentraat ingemeng. Die finale mengsel word aangepas by die beskikbare ruvoer sodat die beeste genoeg voedingstowwe inkry.
 
Volgens Dail is die produkte wat hy ontvang, altyd van dieselfde voorspelbare gehalte.
 
Cecile Guest van KK Animal Nutrition sê daar het ’n verkeerde persepsie ontstaan dat fosfaat-aanvulling nie in die winter werk nie. Sy sê dit hoef nie altyd in dieselfde hoeveelhede gegee te word nie, maar dit moet in gedagte gehou word dat diere selfs in die winter fosfaat benodig vir mikrobewerking sowel as vir normale liggaamsfunksies en om dreinering van P uit die skelet te beperk. Die aanvulling van fosfaat saam met proteien en energie in ’n gebalanseerde, rumenstimulerende lek, is dus nog steeds noodsaaklik gedurende die winter.
 
Sy sê Suid-Afrikaanse gronde en weidings is oor die algemeen arm aan beskikbare fosfor en daarom is fosfaatbyvoeding noodsaaklik vir die bevordering van groei en reproduksie.
 
As gevolg van seisoenale skommelings moet aanvullings op die veld voorsiening maak vir:
  1. Die aanvulling van mineraaltekorte deur die jaar.
  2. Die aanvulling van proteientekorte sodat die beeste in staat is om beskikbare droeseisoenweiding meer doeltreffend te benut.
  3. Die aanvulling van proteien- en energietekorte in kritieke stadia van die vleisbees se produksiefase wanneer daar te min van albei in die veld beskikbaar is.
(Produkgids: KK Animal Nutrition)
 
Cecile sê KK Animal Nutrition se voedingkundiges kan boere bystaan om ’n gebalanseerde voerprogram uit te werk.
 
Dail beaam dit: “KK se gebiedsverteenwoordiger is baie kundig en help my om my mengsels te verfyn. Die feit dat ek self meng, beteken dat ek geld kan spaar.”
 
Hy meet die doeltreffendheid van die aanvullings nie net in groeitempo en voeromset nie, maar ook in vrugbaarheid. Om vrugbaar te wees, moet ’n koei gesond wees.
 
Die gemiddelde tussenkalfperiode van sy Romagnola-kudde is byvoorbeeld 380 dae. Die kudde spog ook met ’n GDT van 2,369 kg en ’n voeromset van 5,02.
 
Sy voerprogram is deel van ’n totale bestuursprogram wat met die ondersteuning van goeie genetika ’n wenresep bied.
 
Die fosfaataanvulling wat hy graag gebruik, staan bekend as Kimtrafos 12 Grandé. Dit is ’n fosfaat-spoormineraal- konsentraat met ’n kenmerkende melassereuk- en smaak wat verseker dat die beeste graag daaraan smul.
 
Benewens die fosfaat, bevat dit ook al die belangrikste spoorminerale in die regte verhouding tot fosfaat.
 
Die voergraad ureum wat Dail gebruik is ’n ekonomiese plaasvervanger vir natuurlike proteiene in die beeste se rantsoene. Die fyn korreltjies sorg dat die ureum nie uitsak in die mengsels nie.
 
KK Animal Nutrition se netjiese produkgids verduidelik ook baie mooi hoe die ureum gebruik moet word en watter voorsorgmaatreels getref moet word om ureumvergiftiging te voorkom.
 
Dail sê baie boere het op Nampo by sy 4-jaar oue Romagnola-bul kom stilstaan om die bielie van 1 150 kg te bewonder en hom die kuns af te vra.“Ek sê vir hulle dit is eenvoudig: goeie vleisgenetika, ’n goeie bestuursprogram en goeie kos.”
 
Gee jou beeste hierdie winter die beste kos en hulle sal jou die beste prestasie gee.
 
Skakel Cecile Guest by 082-852-8362 om uit te vind waar jou naaste verteenwoordiger is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0