Categories: NewsPublished On: 12th January 2012

Goeie geleentheid in Georgië

By 1 min read

‘n Goeie geleentheid vir ‘n graanboer wat in Georgië wil belê is deur TLU SA bekend gemaak. Die plaas van 131 ha is sowat 80 km van die hoofstad, Tbilisi af geleë en behels ‘n vennootskap met die regering.

Mnr Bennie van Zyl, hoofbestuurder TLU SA sê dit is ‘n geleentheid vir ‘n persoon wat met minder aanvangskapitaal wel ‘n boerdery aan die gang kan kry en dan mettertyd die volle aandeelhouding kan uitkoop. Die plaas is langs ‘n goeie pad geleë en elektrisiteit en besproeiingswater is beskikbaar.

‘n Inligtingsvergadering oor die jongste verwikkelinge in verband met beleggingsgeleenthede in Georgië sowel as beoogde toere na die land sal op 2 Februarie 2012 van 10:00 – 12:00 by TLU SA se hoofkantoor in Jamesrylaan 194 Silverton, Pretoria gehou word. Mnr Van Zyl vra dat belangstellendes vooraf hulle bywoning moet bevestig by bennievz@gmail.com.

Hy sê daar word beplan om gedurende hierdie jaar vier inligtingstoere na Georgië te hou vir voornemende beleggers. Meer inligting sal binnekort hieroor beskikbaar gestel word.

Ondertussen kan graanboere wat in die plaas naby die dorpie,Talaveri in die Bolnisi distrik belangstel, regstreeks met die adjunk-minister van Diaspora, Nick Avaliani (n.avaliani@gmail.com) en die projekbestuur, Juba Maruashvili (jubamaruashvili@gmail.com ) kontak maak.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment