Categories: NewsPublished On: 14th July 2010

Goedkoop, maklik, betroubaar: Rotrix maak water ’n bate

By 3 min read

Water is ’n kosbare skat, maar vir die boer word water nog waardevoller as hy dit ekonomies en doeltreffend op sy lande kan plaas waar elke druppel in geil groei belê word.

Om hierdie gesogte situasie werklikheid te maak, bied Rotrix die boer die selfaangedrewe spuit wat water met die minste moeite en koste presies en doeltreffend neersit waar dit die beste resultate vir die boer lewer.

Dit is presies wat Rotrix vir die Weldhagens se boerdery op Welgevonden, tussen Ottosdal en Delareyville, doen.

Welgevonden se sterk boorgate sorg vir genoeg water, maar pa Deon het nog altyd geglo dat daar ’n doeltreffender manier van toedie­ning as rye klapspuite moet wees. Dis hoekom hy meer as tien jaar gelede ’n Rotrix aangeskaf het.

Intussen het sy seun, Willem, beheer oor die uitgebreide gemengde boerdery oorgeneem. Hy beskou daardie stap as een van die slimste besluite wat sy pa geneem het, want as daar ’n ding op Welgevonden is wat werklik waarde vir geld bied, dan is dit daardie Rotrix.

Aanvanklik het hulle hom gebruik vir aanvullende be­sproeiing op sowat 20 hektaar mielies – en daardie aanskoulike oeste het die Rotrix se prys gou-gou oor en oor terugbetaal. Met daardie wins kon hulle ’n spilpunt oprig en Rotrix vir groente- en groenvoerproduksie ontplooi om nog verder vooruit te boer.

Maar hoër opbrengs is nie Rotrix se enigste voordeel en besparing nie. Waar ’n klapspuitstelsel ’n paar werkers ten duurste besig hou, doen die Rotrix sy werk deeglik en getrou sonder dat ’n mens die heeldag om hom moet rondkloek.

Dis kinderspeletjies om die Rotrix te gebruik, vertel Willem. Koppel sy buigbare toevoerpyp, rol die staalkabel uit en haak hom aan ’n pen 200 meter verder aan die oorkant van die land, draai die toevoerkraan oop en jou werk is gedoen – daarvandaan neem Rotrix sake in eie hande.

Een of twee waterkanonne met omruilbare sproeiers vir jou presiese behoefte spuit ’n strook van 50 meter, of in sommige modelle 60 meter, egalig en doeltreffend nat.

Terselfdertyd dryf ’n kleiner sproeiertjie ’n bakkieskyf aan, wat deur ’n ratkas die staalkabel inkatrol om die Rotrix op sy twee wiele en slee na die oorkant van die land te sleep teen ’n verstelbare spoed van enigiets tussen 6 en 12 uur vir die 200 meter.

Die Weldhagens s’n is ge­stel om die afstand in 8 uur en 45 minute af te lê en in die pro­ses 25 mm water toe te dien. Dit is ’n volle goeie, outydse, heilsame duim reën.

Aan die oorkant loop staan die Rotrix vanself en al wat jy dan hoef te doen is om die waterpyp op te katrol, hom na ’n nuwe baan te verskuif en met jou ander werk voort te gaan terwyl jou Rotrix sy taak getrou en bekwaam voortsit.

Willem het vir hom ’n pypkatrol gemaak sodat hy man-alleen met ’n klein trekkertjie binne net tien minute hulle Rotrix op sy volgende baan kan ontplooi. Dit beteken doeltreffende besproeiing teen altesaam minder as ’n halfuur se aandag in 24 uur.

As jy nie so knap soos Willem is nie, kan jy jou eie pypkatrol by Rotrix bestel en ook die tyd en arbeid wat jou Rotrix verg tot die minimum beperk. Dit beteken ook dat net een werker met ’n klein trekkertjie ’n paar Rotrix­besproeiingstelsels kan beman.

Die Rotrix verg ook nie veel onderhoud en diens nie. Daar is net vier punte wat af en toe geghries moet word. Al wat die Weldhagens in meer as tien jaar moes doen, is om ’n slag die nylon-wielbuste te vervang, wat ’n maklike en goedkoop sakie is.

Rotrix is oral in die land beskikbaar en al wat jy hoef te doen om ook die meeste waarde uit water te put, is om Rotrix te skakel by 023­-342­-3438 of e-­pos rotrix@intekom.co.zaof besoek www.rotrixirrigator.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0