Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Gideon Vivier se produksieveiling op 18 September: Kom koop eerlike, egte Dorperwaarde

By 1 min read

Die Dorper is oorspronklik ontwikkel om sonder enige vorm van pamperlang in strawwe toestande te oorleef en te presteer. Dis ’n vroegryp skaap met baie goeie moederseienskappe en wat baie vinnig groei om binne drie tot vier maande vir die boer ’n inkomste te lewer.

Dit is presies waarna Gideon mik met sy teelprogram. Daarom sien sy ramme nooit die binnekant van ’n voerkraal nie, ook nie net na speentyd nie. Die Dorper is immers ’n ekstensiewe ras; nie ’n voerkraalras nie.

Ramme word ook nie vetgevoer vir sy produksieveiling nie. Hulle loop net ’n maand of ses weke op groenvoer en word dan net so op die veiling aangebied sodat die koper presies kan sien wat hy koop. “Jy koop genetika; nie voer nie,” sê Gideon.

Oorversorging van ramme voor veilings skep nie net ’n valse indruk nie, glo Gideon, maar dit verkort ook die ram se lewensduur, benadeel sy vrugbaarheid en veroorsaak verlies van gehardheid.

Met hierdie teelbeleid beleef Gideon, wat ook president van die Dorper-telers­genootskap is, nou sy 36ste produksieveiling en kopers kom jaar na jaar terug vir meer geharde genetika wat sonder sukkel op die veld presteer.

Vir eerlike Dorper-genetika, sorg dat jy op 18 September op The Vale is. Vir meer inligting, praat met Gideon by 082-411-3986 of met Corné Nel van BKB by 082-410-8898.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0