Categories: NewsPublished On: 3rd November 2011

Geslaagde-Drakensbergerveiling-op-Belfast-aangebied

By 1 min read
Mnr Ian Grobbelaar van CMW Elite Afslaers (links),  mnr Graham Esterhuizen, een van die kopers (middel) en mnr Jimmy Roos een van die verkopers (regs).
Die Moeilikheid en Bracherleigh Drakensberger-stoeterye het op 16 Augustus ‘n baie suksesvolle 24 ste produksieveiling op Belfast aangebied.
 
Ondanks ‘n wit gesneeude Belfast het entoesiasiese kopers op die plaas Uitvlugt opgedaag om die swart beeste op te raap en  te sorg vir een van beste Drakensbergerveilings tot op hede. 
 
Eienaars Kobus en Vera Davel (Moeilikheid Stoet) en Michael en Jodeen Bracher (Bracherleigh Stoet) is baie in hulle skik met die pryse wat behaal is. 
 
‘n Bul van Kobus Davel is vir R32 500 verkoop terwyl die hoogste prys vir ‘n bul aan mnr Jimmy Roos van Carolina gegaan het. Die bul is vir R37 500 verkoop. Die bulle se gemiddelde prys  was R25 000.
 
Altesaam 35 bulle en 150 vroulike diere het onder die hammer gekom. 
 
Geregistreerde dragtige verse is vir R13 000 verkoop en kommersiële verse se gemiddelde prys was R10 370.
 
CMW Elite het die veiling behartig en mnr Ian Grobbelaar was die afslaer.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0