Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Geld groei nie aan bome nie; dit groei aan: Hugenoot – die goue bees

By 2 min read
459 words

’n Breë glimlag is die eerste ding waaraan jy ’n Hugenoot-boer uitken. Want ’n Hugenoot-boer weet hy het die regte beeste om in enige toestande winsgewend en volhoubaar vleis te produseer.

Die Hugenoot omvat immers die beste eienskappe wat twee toprasse bied: Die Afrikaner se gehardheid, loopvermoë, kort, gladde hare, hittepigment, natuurlike bosluisbestandheid, hoë gehalte rooivleis, maklike kalwing en voortreflike moederseienskappe; en die Charolais se groter konformasie, stewige gestel, goeie bespiering, vinnige groei deur alle fases, gunstige voeromsetverhouding, hoë vrugbaarheid, hoë libido by bulle en gemoedelike temperament.

Boonop is die verbruiker gaande oor die Hugenoot se vleis omdat dit sag en smaaklik is en nie met te veel vet bepak is nie.

Jong Hugenootbul van Molie Mentz van Ermelo. Kyk na besondere mooi boude!

 Vir die boer lê die voordeel daarin dat die Hugenoot veld en voer sonder ’n gesukkel of ’n oppiepery op die mees ekonomiese manier in goeie, gesonde, gesogte vleis omskep.

Om mee te begin speen ’n Hugenoot-kalf op meer as 300 kg en voerkraalkopers raap hulle op omdat hulle groei en voeromsetverhou­ding so gunstig is dat dit na ’n sprokie klink.

Kyk maar na die drie Gouemeriete-bulletjies wat so pas hulle Fase C-toets voltooi het: Die een links op die foto hierbo se eindgewig was 464 kg, sy GDT (gemiddelde daaglikse gewigstoename) 1,971 en sy voeromsetverhouding 5,04 kg. Dit beteken dat hy vir elke 5,04 kg voer wat hy gevreet het 1 kg gewig opgetel het. Die bulletjie behoort aan Pan Lochner Boerdery.

Die ander twee bulletjies is die eiendom van Jannel-stoet, geteel deur Louis Nel. Die een in die middel se prestasie was: Eindgewig 419 kg, GDT 1,971 kg, VOV 5,04 kg.

Die een regs se eindgewig was 400 kg, sy GDT 1,836 kg en sy VOV 5,30 kg.

Hulle almal is regstreeks van hulle ma’s af Irene toe ge­stuur, wat beteken dat hulle terselfdertyd gespeen is, en na afloop van die Fase C-toets was hulle almal steeds jonger as ’n jaar.

Dit beteken dat die drie bulletjies teen ’n uitslagpersentasie van 58% in minder as ’n jaar 743 kg vleis geproduseer het.

Die LNR het hulle al drie as Gouemeriete-bulle aange­wys, wat beteken dat hulle ’n speenindeks van meer as 100 het, ’n GDT-indeks van 100 of meer, ’n VOV-indeks van 107 of meer en dat hulle skrotums groter as die rasstandaard is. Die indeks word bepaal volgens die afgelope vyf jaar se Fase C-toetse.

Of jy met suiwer Hugenote wil boer of wil wins maak met Hugenoot-kruisteling, jy kan ook daardie genoeglike Hugenoot-glimlag bekom. Skakel Louis Nel, sekretaris van die Huge­noot SA Beestelers­genootskap by 014-755-4102 of 082-375-3640 of hugenootsa@spi­derconnect.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0