Categories: NewsPublished On: 28th March 2011

Geen-Bek-en-klou-by-ons-sê-Karan-Beef

By 1 min read
Karan Beef het verklaar dat hulle beeste skoon van die Bek- en klouseer-virus is. Dit volg op gerugte verlede week dat dié Voerkraal buite Heidelberg moontlik besmette beeste ingeneem het wat van Vryheid in Kwazulu-Natal afkomstig is.
 
Volgens Karan Beef is die gebied waar hulle die diere aangekoop het sowat 150 kilometer van die amtelike Bek- en klouseer-beheergebied af. Dit is die naaste aan die Bek- en klougebied waar aankope vir die afgelope weke gedoen is.
 
Blykbaar is omvattende toetse as voorsorgmaatreël insamewerking met die staatsveearts uitgevoer. Volgens die voerkraal se veearts, dr Dirk Verwoerd, het die toetse geen teken van die virus opgelewer nie.
 
Dr verwoerd sê voerkrale vervul ‘n belangrike rol in die stryd teen Bek- en klouseer aangesien baie diere in ‘n kort tyd ondersoek en/of gebloei kan word maar tot nou toe is nog geen geval van die siekte buite die beheergebied gediagnoseer nie.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0