Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Gedugte-drietonner-vir-die-boer:-FAW-is-altyd-Fluks-Aan’t-Werk!

By 2 min read
426 words

Fluks Aan’t Werk! Dis waarvoor FAW vir Suid-Afrika se boere staan, want dis hoe jy altyd ’n FAW-trok sien – fluks aan die werk.

Waar ander voertuie dikwels oop-enjinkap langs die pad staan en hyg of hand-in-die-sy knak onder die vrag, draf FAW flink en vrolik verby met sy vrag.

En ook geen wonder nie, want hy het alles wat hy nodig het, maar geen oorbodige fênsie tierlantyntjies wat kan breek en jou laat loop staan nie. Sy ontwerp en vervaardiging spreek van die eerlike eenvoud en diensbare doeltreffendheid wat FAW die wêreld se tweede grootste vragmotorvervaardiger gemaak het.

Die afwesigheid van onno­dige goetertjies beteken ook dat FAW se prys nommerpas waarde vir geld is. Nogtans het hy alles wat jy aan ’n vragmotor nodig het.

Een baie gewilde FAW-model vir boere is die 7.130 FL-drie­tonner wat perfek is vir alles wat die boer wil vervoer, vanaf plaasmasjine­rie en boumateriaal tot vee en varsprodukte. FAW se spesiaal gekeurde bakwerkvervaardigers kan jou ’n bak presies volgens jou behoefte bied.

Die FAW het die breedste bak wat die wet toelaat en met sy volle drie ton vrag op is hy nog nie naby aan oorlaai nie.

In sy kantelkajuit sit die bestuurder en twee passasiers gemaklik en met sy krag­steunstuur bestuur hy maklik.

Sy viersilinder-turbodiesel­enjin met tussenverkoeling en ’n verplasing van 4,752 liter lewer 96 kW teen 2 500 opm en 390 Nm wringkrag teen 1 400 tot 1 600 opm.

Sy vyf ratstrekke is slim gespasieer om jou die bes­te kragoordrag oor enige terrein en teen enige helling te bied.

’n Ruim dieseltenk van 160 liter verseker dat jy nie by elke vulstasie hoef stil te hou nie en sy 24 volt elektriese stelsel sorg dat sy enjin elke keer flink vat in enige weer.

Die FAW-drietonner se veerstelsel is gebou om sy vrag soos ’n man te dra, maar ook om jou die beste moontlike padhouvermoë en rygerief te bied.

Sy dubbelkringremstelsel met ’n allemintige wrywingsoppervlak van 3 400 vierkante sentimeter sorg vir summiere stilhoukrag wanneer jy dit nodig het.

Elke FAW-trok is vir 12 maande of 100 000 km gewaarborg en ’n netwerk professionele handelaars regoor Suid-Afrika en ons buurstate sorg dat elke FAW-eienaar net die beste diens geniet met onderdele byna op sy drumpel.

FAW het ook ’n 24-uur rug­steundiens met ’n noodnommer.

Jy kan ook Fluks aan die Werk spring met FAW. Skakel Eugene van der Berg by 011-392-1530 of 082-496-2825, of besoek www.fawtrucks.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0