Categories: NewsPublished On: 7th November 2011

Gedragskode-vir-jagters-byna-klaar

By 1 min read
138 words
Die Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewarings Vereniging se Gedragskode vir Jagters is in die finale stadium, en sal binnekort afgehandel wees. Die kode word onderleiding van George Nell en dr Krappies Els opgestel.
 
Die vereniging het in sy elektroniese nuusbrief van Oktober gesê dat die beginsels van jag wat die gedragskode vervat, reeds sedert die stigting van die SAJWV in 1949 toegepas word, en as grondslag van ‘n verantwoordelike jagkultuur geld. 
 
Volgens die vereniging  sal ‘n geskrewe gedragskode die jagkultuur verder verstewig en verseker dat dit vir die nageslag behoue bly. 
 
“Aangesien die geleentheid om te jag nie meer ‘n voor die handliggende saak is nie, en buite bereik van baie lede is, is SAJWV vasberade om jaggeleenthede vir almal meer toeganglik te maak” – Communique Oktober 2011.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0