Gautengse-tolplanne-kwel-steeds
![]() |
Agri SA en die Suid-Afrikaanse sake organisasie, BUSA is steeds nie te vrede met hoe die Departement van Vervoer se voorstel oor die nuwe toltariewe in Gauteng daaruitsien nie. Die nuwe voorstel vir groot vragmotors is R2 per kilometer teenoor die R2,97 per kilometer aanvanklik.
Die landbou-organisasie het gesê die tolgeld gaan ‘n aansienlike negatiewe ekonomiese invloed op landbou hê en gaan ook die groot- en kleinhandel pryse van kos in dié provinsie op jaag. Daarbenewens maak dit die sake-omgewing meer “kompleks” het hulle gesê.
Agri SA het in April vanjaar die toltarief-komitee daarop gewys dat die voorgestelde tarief die tamatie-, uie-, piesang en aartappelbedryfbedryf ‘n bekomende ses tot agt miljoen rand sal kos.
Afriform het dit verwelkom dat ʼn regulerende liggaam vir die vervoersektor gestig gaan word. Sanral besit tans ʼn monopolie oor die Gautengse hoofweë en daar is weinig alternatiewe roetes. Hulle het gesê die bestaan van ʼn monopolie vereis ʼn regulerende liggaam om buitensporige tariewe te verhoed.
Agri SA en BUSA is ook omgekrap oor die komitee se verslag wat weinig melding maak van openbare deename aan die hele proses. Hulle oorweeg dit om direk met die ministers van vervoer en finansies daaroor te gaan praat.