Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Gaan-skou-toe-om-’n-kar-te-koop;-word-’n-Kubota-handelaar!

By 2 min read

Die bekoring van tegnologiese uitmuntendheid was nog altyd onweerstaanbaar vir Kobus Lloyd, boer en gekwalifiseerde werktuigkundige, van Ashton in die Klein-Karoo. Dis hoekom hy, benewens sy vrugte- en wingerdboerdery, nog altyd spesiale ou motorkarre koop en restoureer.

Twee jaar gelede het hy juis na George se skou toe gegaan om ’n baie besonderse vete­raanmotor wat beskikbaar was te koop, toe hy by Kubota se trekker-uitstalling verbyloop.

By aanskoue van Kubota se top tegnologie het hy skoon vergeet van die motorkar wat hy kom koop het: hy het eer­der vir hom ’n Kubota L39 gekoop, wat in een masjien ’n volwaardige trekker, ’n volwaardige slootgrawer en ’n volwaardige laaigraaf is.

Hierdie toonbeeld van nuttige tegnologie het Kobus se hele boerdery verander. Sy aanwendings op die plaas het geen einde nie: Hy grawe slote vir vore, pype en kabels, gate vir nuwe aanplan­tings, laai grond en mis en klippe, verskuif swaar masji­nerie, sleep sleepwaens, spuit boorde en wingerde en met sy driepuntstelsel en driespoedkragaftakker kan hy nog grassny, ploeg en ander bewerkings op lande, in wingerde en boorde en selfs in groentetonnels doen ook – en dit alles met die grootste betroubaarheid en die kleinste dieseldors!

Medeboere het begin tou­staan om Kobus se L39 te huur en sommer gou moes hy nog twee bykoop en sy broer nadersleep om saam ’n verhuringsmaatskappy te begin.

Bou- en swembadkontrakteurs het gou die nut van Kobus-hulle se span Kubotas ingesien en ook begin om hulle te huur om fondasies en swembaddens te grawe.

Maar intussen wou al hoe meer mense hulle eie Kubotas hê. Kobus het die verhuringsaak in sy broer se hande oorgelaat en ’n Kubota-handelaarskap op Ashton geopen – Keur Landbou-implemente, wat diens lewer op Ashton, Robertson, Bonnievale, Montagu, Swellendam, Riversdal, Ladismith, Malgas en Worcester se kant toe tot by Nuy.

Boere is ingenome met Kubota se produkte. Hulle trekkers is kompak en kan oral ingaan, maar hulle het ongelooflike krag, wat twyfelaars telkens verstom laat staan by boeredae, vertel Kobus.

Baie kliënte kom weer en weer terug om nog Kubotas te koop en hulleself te koester in Keur Landbou-implemente se toegewyde diens, wat natuurlik gerugsteun word deur Kubota Suid-Afrika se verbintenis dat daar nie een ontevrede Kubota-eienaar in die land mag wees nie.

Vir jou eie Kubota in die Klein-Karoo, skakel Keur Landbou-implemente by 023-615-2010, Kobus by 082-852-9768 of oom Thomas Weir by 082-475-8539. As jy elders in die land boer, skakel Kubota by 086-176-4847 of besoek
www.kubotasa.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment