Categories: NewsPublished On: 8th September 2011

Fortis:-Gratis-opleiding-teen-misdaad!

By 2 min read
‘n Wrede werklikheid waarmee Suid-Afrika se boere moet saamleef is plaasaanvalle en -moorde. Dit kan enige tyd met enige boer gebeur.
 
Fortis se mense haat misdaad. Sedert die stigting van Fortis in 1997 het die organisasie talle beskermingspesialiste opgelei tot ‘n vlak waar van hulle reeds deur die Britse en Franse Spesiale Magte opgeslurp is. Waar Fortis deur boere ingeroep is, het alle misdaad drasties afgeneem.
 
Ongelukkig is dit nie meer kostedoeltreffend vir boere om beskermingspesialiste te huur nie. Daarom bemagtig Fortis nou boere, hulle gesinne en boeregemeenskappe met die nommerpas kundigheid, ervaring, taktiek en wapens om hulleself te beskerm.
 
Selfbeskerming teen plaasaanvalle vereis spesialisopleiding, spesialistoerusting en spesialismetodes, sê Riaan Coetzee van Fortis, en dit is presies wat Fortis aan boere verskaf.
 
Klinkende sukses is al bereik met die opleiding van boeregemeenskappe en die goeie nuus is dat Fortis nou sy skitterende TVW 1-kursus gratis aanbied vir groepe boere! TVW staan vir Taktiese Verdediging en Weerstand en die kursus is spesiaal opgestel vir onopgeleide mense en mense wat nuwe selfverdedigingstegnieke wil aanleer om in huisbeskerming en enige ander gevaarlike situasie te gebruik.
 
Die kursus omvat die volgende:
  • Aspekte van die wet, die voor- en nadele van vuurwapens en hulle gebruik teen aanvallers teenoor minder dodelike gasgewere.
  • Nabootsing van werklike aanvalle om jou reaksie op gewelddadige optrede aan te dui.
  • Verduideliking van die misdadiger se denkwyse.
  • Opleiding in die hantering en onderhoud van gasgewere.
  • Die basiese beginsels van taktiese skiet en die voordele van gasgewere vir veral binnenshuise selfbeskerming.
  • Geestelike paraatheid.
Na hierdie kursus staan enigeen, van die mees opgeleide soldaat tot die sagmoedigste huisvrou, ‘n baie beter kans om aan die beste kant van ‘n plaasaanval af te kom – heeltemal gratis.
 
Na die gratis kursus kan kursusgangers besluit of hulle Fortis se meer gevorderde kursusse wil bywoon en of hulle gasgewere en ammunisie vir selfbeskerming by Fortis wil koop, maar hulle staan onder absoluut geen verpligting nie.
 
As jou en jou gesin se veiligheid vir jou belangrik is, maak nou ‘n klompie bure bymekaar en skakel Riaan Coetzee van Fortis by 076-353-9220 om vir julle ‘n gratis TVW 1-kursus te kom aanbied. Besoek ook www.fortisgroup.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment