Fnuik-veediewe-en-behou-jou-bates-met-Tramirloc
Miljoene rande skade word jaarliks gely deur boere wie se vee deur boosdoeners gesteel word. Dit kom voor asof die regering, die polisie en veiligheidsdienste nie antwoorde vir dié probleem het nie.
Baie boere, soos Stephan du Plessis van Standerton, begin glo dat die polisie nie eers probeer om diefstal te bestry nie.
Dit beteken dat die boer na ’n dag se harde werk nou nog snags ook self moet wakker bly om sy vee uit diewe se kloue te hou.
Gelukkig staan die boer nie alleen nie – Tramirloc Systems se mense verstaan die boer se situasie en hulle haat misdaad. Daarom het hulle ’n bekostigbare, doeltreffende stelsel ontwikkel wat die boer se vee 24/7 oppas.
Tramirloc se ProTAGtor-stelsel werk só:
- Merkers word met nekbande om skape, beeste, volstruise, bokke of selfs wild se nekke gehang. Die mer-kers het sendertjies wat seine na veldstasies stuur. Die sendertjies se batterye hou minstens drie jaar. Dit is nie nodig om ’n lewende merker aan elke dier te sit nie. Net so tien persent van die diere in die trop hoef merkers te kry en die res kan fopmerkers wees, wat steeds diewe afskrik, want hulle lyk nes werkende merkers.
- Basis-veldstasies word op pale op strategiese plekke in die veld geplaas. Die basis-veldstasie is selfonderhoudend deur middel van sonkrag. Dit dien as ontvanger/verwerker/sender. Die basis-veldstasie ontvang elke paar sekondes ’n sein van die merkers in sy gebied en bepaal dan watter
- bewegingspatroon die betrokke dier volg.
- So ’n basis-veldstasie kan in ideale omstandighede tot 10 000 hektaar dek, maar as ’n reël word aanvaar dat dit ’n minimum ontvangsgebied van 300 hektaar sal hê.
- As al die diere rustig rondwei, bly die stelsel tevrede. Sodra hulle begin skarrel of doelgerig koers kies iewers heen; selfs ook as ’n dier vir ’n sekere tyd glad nie beweeg nie, stuur hy ’n selfoonteksboodskap (“SMS”) of ’n kortlui-oproep (“missed call”) na jou selfoon. Jy kan hom ook programmeer om die alarm na meer selfone te stuur.
- Die selfoonboodskap verskaf spesifieke inligting oor die alarm, soos in watter kamp of trop die diere is wat versteur is.
- Hierdie vroeë waarskuwing stel jou in staat om die diewe te stuit.
Selfs terwyl jy nie op jou plaas is nie, sorg ProTAGtor dat jy steeds in beheer is. Dit is presies van met Jurie Blom van Harrismith gebeur het. Hy het ’n stelsel aangebring nadat hy swaar onder skaapdiewe gely het. Terwyl hy ’n naweek weg was, het ProTAGtor hom per selfoon gewaarsku. Hy het dadelik sy voorman gebel en twee skaapdiewe sit nou agter tralies waar hulle hoort.
ProTAGtor waarsku jou nie net wanneer diewe bedrywig is nie, maar ook wanneer roofdiere jou vee bedreig. Jy kan die sensitiwiteit van die stelsel verstel sodat dit jou nie onnodig op loop jaag nie.
Jy kan natuurlik ’n Tramirloc-merker in jou gereedskapkis, vragmotor of trekker ook sit en sy beweging op die plaas dophou. ’n Boer maak mos ’n plan.
Die stelsel is bekostigbaar en betroubaar, sê Stephan. Hy, sy pa, oom Andries, en sy broers, Ebert en Riaan, se grond lê grootliks teen mekaar en hulle boer saam, sodat hulle gou kan optree wanneer die Tramirloc-stelsel hulle waarsku.
Die Du Plessis’s boer met mielies, sorghum, soja, beeste en skape en dis veral skape wat in dié omgewing skurke ten prooi val. Veediefstal word soos ’n bedryf beoefen, sê Stephan, en troppe skape word op bakkies weggery. ’n Paar weke gelede is meer as die helfte van een boer se skape een nag gesteel en weggery.
Maar met Tramirloc se ProTAGtor is dit so goed asof die boer self by sy diere waak. Dit verseker ’n toekoms vir veeboerdery in gebiede waar diefstal dié boere voorheen na ander soorte boerdery of selfs uit die landbou gedwing het.
Dit was maklik en vinnig om die stelsel te installeer, sê Stephan, en Tramirloc se slimkoppe het die paar goedjies wat half moeilik geklink het sommer per internet reggestel.
“Dis lekker om ’n verskaffer te hê wat die boer se situasie verstaan en so sterk teen misdaad gekant is.”
As jy nie die vrug op jou arbeid met misdadigers wil deel nie, praat met Stephan Britz van Tramirloc by 079-526-7232. Besoek ook www.tramirloc.co.za