Fnuik-die-diewe-met-tegnologie
Meer as R600 000 in twee jaar. Dit is hoeveel skade JJP Botha Renosterfonteinboerdery, oos van Pretoria, gely het as gevolg van diewe wat die spilpunte stroop. Selfs nadat die koperdraad met aluminium vervang is, slaan die sluwe skelms steeds toe, sê Wayne Cole, plaasbestuurder.
Wayne het die geleentheid aangegryp om SecurityViewer se Videofied-kamerastelsel te toets, want hy glo dit is net tegnologie wat die boer kan help om een voor te bly. Na net ‘n week was dit toe ook sulke tyd… Drie skelms is op heterdaad deur die kamera betrap en het net-net daarin geslaag om te ontvlug – sonder die kabel en die kunsmispomp wat hulle reeds eenkant gesit het!
Drie sluwe diewe, wat tot met ‘n tuisgemaakte leer opgedaag het om hulle steelwerk makliker te maak, is op heterdaad deur die kamerastelsel betrap!
Wayne vertel: “Ek dink daaraan om so stelsel vir my huis ook te kry; en die skuur; en ek het klaar vir die bure gesê hulle moet ook kom kyk.”
SecurityViewer se Videofied-kamerastelsel bied ‘n praktiese, bekostigbare oplossing vir boere. Dit is aangepas om voorsiening te maak vir omstandighede op die plaas en is glad nie afhanklik van enige eksterne kragtoevoer of drade nie.
Die beste van alles is dat die boer nie vir elke bakatel op- en uitgejaag word nie. Vals alarms word deur ‘n beheersentrum, wat deel van die diens is, ondervang. ‘n Boer weet presies wat op hom wag voor hy by die huis uitstap.
Die Videofied-stelsel is ‘n gedugte verdedigingsmag:
Elke stelsel het ‘n beheereenheid wat selfoonkommunikasie gebruik om inligting te stuur. Die eenheid word in ‘n stewige waterdigte houer, effens kleiner as ‘n tamatiekissie, ingebou. Die “brein” word op ‘n sentrale plek op die spilpunt vasgemaak en dan word die “oë” van die stelsel strategies geplaas om te kan kyk daar waar die diewe toeslaan.
Een ogie hou altyd die brein dop om seker te maak slim vang sy baas!
‘n Bewegingsensor moet eers geaktiveer word voor die videokamera begin opneem.
Die kamera staan dus nie die hele nag en krag mors om prentjies af te neem van ‘n vreedsame, onverstoorde spilpunt nie. As hy eers begin opneem, kan nie donker, koue, reën of selfs ‘n kragonderbreking hom keer nie.
Die kamerasensor is in ‘n weervaste (-30°C tot +60°C), waterdigte omhulsel ingebou en word deur litiumselle, wat vier jaar lank hou, van krag voorsien. Infrarooi sensors en ‘n nagsigkamera sorg dat selfs die wandelaars van die duisternis duidelik sigbaar en eienbaar word.
Die beheereenheid stuur die videosegment na SecurityViewer se beheerkamer, waar op-en-wakker-operateurs kyk of dit ‘n vals alarm is en of die boer gewaarsku moet word dat daar ‘n jakkals in die kraal is.
Wayne sê: “Ek moes een nag ry om die spilpunt te gaan aanskakel en het redelik naby aan die een kamera verby gery. Dit was nie drie minute nie, toe bel die beheerkamer my en stuur vir my ‘n foto van my bakkie!”
Die boer kan vooraf besluit wie almal die inligting moet ontvang, soos hy self, sy plaasbestuurder, sy buurman, die omgewing se steunkring of veiligheidsbeampte of tant Ralie op die skakelbord.
Die sensors kan so geplaas word dat ‘n boer presies weet wat in die omgewing aangaan en waarvoor hy homself gereed moet maak. Geen mens wil in die leeu se kake inloop nie, maar ‘n boer wil beslis ook nie op ‘n onskuldige verbyganger toeslaan nie.
Boere wat sukkel met selfoonopvangs hoef ook nie moedeloos te raak nie. SecurityViewer se tegnici kan met behulp van ‘n seinversterker sorg dat die stelsel op die lug bly. Daar moet darem net binne ‘n redelike afstand (so 5 km) ‘n ordentlike sein wees.
Dit kos ‘n eenmalige bedrag om die stelsel aan te koop en deur SecurityViewer se kundiges te laat installeer en daarna is ‘n maandelikse bedraggie van R171 ter sprake vir die diens vanuit die beheerkamer.
Daar is ook ‘n opsie om die hele stelsel te huur, wat die installasie, instandhouding en beheerkamerdiens insluit.
‘n Waarborg op die onderdele maak onder meer voorsiening vir weerligskade.
Eugene de Klerk is een van die wakker manne in SecurityViewer se beheerkamer wat sal seker maak dat jy dadelik weet as iemand jou spilpunt bedreig.
Wayne Cole van Renosterfontein-boerdery naby Pretoria sê hy kan nou weer snags rustig slaap nadat een van SecurityViewer se tegnici, JJ Jubber, sy spilpunt met Videofied se kameras beveilig het.
As jy vandag nog die diewe wil fnuik, skakel vir Wynand Beneke by 087-820-7010 of stuur ‘n e-pos na wynand@securityviewer.co.za.