Categories: NewsPublished On: 13th September 2010

Floppy Lite is nou binne almal se bereik: Wyse waterbenutting verseker maksimum wins

By 2 min read
369 words

Maksimum wins kan net behaal word as die boere van ’n waterskaars land soos Suid-Afrika besproeibare grond en water doeltreffend benut.

 In die verlede was dit moeilik om kleiner lande doeltreffend en ekonomies te besproei sonder ’n groot aantal ­arbeiders.
 

Die oplossing is Floppy se oorhoofse- kabelstelsels, wat al hoe gewilder onder plaaslike en oorsese boere word danksy die volgende unieke voordele:

  • Floppy-sproeiers maak geen mis nie, wat ’n hoë toedieningsdoeltreffendheid verseker. Die medium-grootte druppels kompakteer nie die grond nie en laat hulle nie deur wind van stryk bring nie.
  • Trekkers en werktuie kan vrylik onder die stelsel beweeg sonder die nodigheid om besproeiingspype en sproeiers in die lande te vermy of te verskuif.
  • Vloeibare bemesting, blaarvoeding en selfs sommige gifstowwe kan akkuraat deur die sproeiers toegedien word, danksy die ingeboude vloeibeheerder in elke Floppy-sproeier.
  • In warm dele kan gewasse dikwels en maklik met die Floppy-stelsel afgekoel word.
  • Klein blokkies van verskillende gewasse kan elk presies volgens sy eie waterbehoefte besproei word.
  • Die sproeier vra net twee bar druk. Minder krag en kleiner pompe kan dus gebruik word en die bedryfskoste is baie laag.

Dieselfde tegnologie

Die nuwe Floppy Lite oorhoofsekabelstelsel is spesiaal ontwerp vir boere wat kleiner gebiede, van 2 tot 10 ­hektaar, wil besproei. Dieselfde ­tegnologie as vir die groot stelsels word gebruik; dis net aangepas en afgeskaal, maar ewe ­doeltreffend.
 

Kleiner en korter pale en dunner ­kabels word gebruik. Die pale word net 40 meter uitmekaar geplant teenoor die groot stelsel se 70 meter. Die kabels se spanning is van 1300 kg tot 500 kg ­verlaag, sodat die boer dit self met eenvoudige toerusting kan span of een van die gekwalifiseerde Floppy oorhoofse kabel installeerders kan ­gebruik word.
 

Die stelsel is steeds hoog genoeg sodat trekkers en werktuie laer as 3 meter vrylik daaronder kan beweeg.
 

Dit alles dra daartoe by dat die stelsel nou heelwat goedkoper opgerig kan word, sodat kleiner stukke grond ­doeltreffend en ekonomies besproei kan word.
 Binneveldse toerusting van ’n Floppy Lite Kabelsisteem kan vir so min as R17 000/ha opgerig word.

Vir meer inligting, gesels met Christo Theron by 013-752-4252 of 082-801-3680 en besoek www.floppysprinkler.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0