Categories: NewsPublished On: 14th February 2011

Fleur du Cap eerste met blink plan

By 1 min read

 “Geïnspireer deur die natuur”, is Fleur du Cap, die bekende wynplaas van Stellenbosch se leuse. En dit is juis dié leuse wat hulle op die vernuftige nuwe ekovriendelike bottelneketiket-idee bebring het. 

In elke etiket wat om die bottel se nek vasgemaak is, skuil daar sowaar ‘n kruietuin! ‘n Mens plant eenvoudig die hele etiket (wat die kruiesaad bevat) net so in ‘n pot of op ‘n sonnige plekkie en siedaar: die begin van jou eie rokket- en basiliekruidtuintjie.

Die Bergkelder, waar Fleur du Cap-wyne gemaak word, is in die hartjie van Stellenbosch se wynlande geleë.  Daar laat hulle die natuur die leiding neem in die wynmaakproses met so min as moontlik inmenging van die mens se kant af.
 
Die wyne van Fleur du Cap se kleurrykheid en subtiele geure is te danke aan hulle verspreide wingerde en die eiesoortige Kaapse fynbos. 
 
Fleur de Cap se eko-vriendelike bottelnekvlaggies maak deel uit van ‘n landwye bekendstelling by wynhandelaars in Maart- en Aprilmaand. Boonop kan ‘n gelukkige wynkoper ‘n nuwe tuin ter waarde van R30 000 wen.
 
Vir meer besonderhede besoek: www.fleurducap.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment