Categories: NewsPublished On: 7th October 2011

Fleckvieh–kruiskalwers-kan-nou-maklik-premie-behaal

By 1 min read
Fleckvieh-boere kan nou hulle kruiskalwers op veilings laat uitstaan deur hulle as Fleckvieh te laat sertifiseer en identifiseer. 
 
Fleckvieh®-oorplaatjie kan ’n premie vir die boer in die sak laat beland. Onlangs is die eerste gemerkte kalwers ‘n op Karoo Oche-veiling in Swellendam verkoop. Op die veiling het ’n groepie drie dae oue F1-kalwers gemiddeld R950 per kalf behaal. Dit was R250 meer as kalwers wat nie geïdentifiseer was nie. 
 
’n 7 weke oue kalf met ’n Fleckvieh®-oorplaatkie het R1 300 behaal. 
 
Hierdie tipe identifisering word reeds suksesvol in Australië toegepas en die sertifisering word deur Bayern Genetik (Bavarian Fleckvieh Genetics) gedoen. 
 
Kalwers kan slegs as Fleckvieh® geïdentifiseer indien hulle oor 50% of meer Fleckvieh genetika beskik. Die simbool F1 word op die oorplaatjies van kruise aangebring word. 
 
Die sertifiseringsfunkie sal mettertyd deur die maatskappy Gesertifiseerde Sim Produkte oorgeneem word. Tans kwalifiseer slegs genetika van Bayern Genetiks vir hierdie identifisering.
 
Om meer uit te vind kan Dehan van Deventer by 082-965-9888 of Thys Swart by 082-498-8788 geskakel word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0