Categories: NuusPublished On: 12th November 2021

Finaliste in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie 2021

By 3 min read
634 words

santam

Finaliste in die 2021 Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangekondig.

Plaas Media is trots om die finaliste in die agtste Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aan te kondig. Ten spyte van die struikelblokke wat tydens die monsternemingstydperk ervaar is, was die kompetisie weereens ‘n reusesukses. Vanjaar se kompetisie het ‘n rekord hoeveelheid 105 inskrywings ontvang.

Hiervan was 79 mielie-, 16 hawer-, agt voersorghum- en twee grasinskrywings. Die inskrwyings het bestaan uit 73 bunkers, 26 sakke en ses kuilvoerbale. Soos in 2020, is die kuilvoerbale-kategorie weer ingesluit as ‘n toetskategorie met die oog op moontlike formele insluiting in toekomstige kompetisies.

Vanjaar se inskrywings

‘n Totaal van 23 maatskappye en produsente het hulle kliënte, of eie plase, ingeskryf. Elf van die maatskappye het vir die eerste keer ingeskryf. Die maatskapye was AFGRI Veevoere, Nova Voere, Welgemoed Plaas, Kemin Industries, RCL Foods/Epol, Nutribase, Meadow Feeds Paarl en Meadow Feeds Natal, Winterstorm Investments, Pannar Saad, Sparta Baby Beef, Strapping & Profile, EC Contracting, Kameeldrift Voere, Hurwitz Farming, Saxeni Agric, White Gold Farms, Malati Farm, JW Nel & Seun Boerdery, Lactimar, Mas Corporation, Limpopo Dairies, Pioneer, en Envarto.

Borge

Die hoofborg van vanjaar se kompetisie was weereens Santam Landbou, wat sedert die aanvang van die kompetisie as naamborg optree en hul ondersteuning deurgaans aan die kompetisie bied. Die prysborge is Labworld, Claas/Kempston Agri, Pannar Saad, Kemin Industries, Strapping & Profile, Nutribase en Hurwitz Farming.

Monsterneming

Die monsterneming is deur vier studente van verskillende Suid-Afrikaanse universiteite gedoen. Die studente is Gerrit Putter en JG Els van die Universiteit van die Vrystaat, Timothy Chilemba van die Universiteit van Pretoria en Henlo Smit van Stellenbosch Unversiteit. Richardt Venter van AgSci, die kompetisie se koördineerder, het die studente tydens ‘n spesiale opleidingsdag opgelei in die monternemingsproses. Die monsters is deur dr Elrisa Taljaard en haar span by Labworld getoets. Die data-ontleding is deur die stigter en beskermheer van die kompetisieprotokol, prof Robin Meeske, van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Outeniqua Navorsingplaas gedoen.

Ontmoet die finaliste

Daar is drie formele kategorieë waarin finaliste aangekondig word, naamlik mielies, voersorghum en hawer. Daar is een toetskategorie, naamlik kuilvoerbale, en finaliste sal in hierdie kategorie ook aangekondig word.

Vir die eerste keer in die kompetisie se geskiedenis, bestaan die top tien mieliekategorie-finaliste uit ewe veel bunkers en sakke. Daar is ook drie voormalige kategorie- en kompetisiewenners onder die top tien. Dit is ‘n toonbeeld van enersyds die mededingendheid van die inskrywings, en andersyds die waarde wat die resultate vir deelnemers inhou.

Mielie-kategoriefinaliste in alfabetiese volgorde:

Farm/enterprise nameFarmer/producerEntered byEntry type
ALS GroupArno JoubertNutribaseSilo bag
Deale BeefCronjé DealeNutribaseSilo bag
Gerber Boerdery TrustIan GerberAFGRI Animal FeedsCement wall bunker
Just Milk (Queensvalley)Steve MossStrapping & ProfileSilo bag
Maluti BeefDanbri SaaymanStrapping & ProfileSilo bag
PD Hauff & SonMark HauffPioneerCement wall bunker
Simpson & Son FarmingShane SimpsonMeadow Feeds NatalGravel wall bunker
Sparta BeefSello NtjobokoSparta BeefSilo bag
Stubbs Farming Partnership (Denleigh)Nick StubbsPioneerGravel wall bunker
Westend LandgoedHano LombardNutribaseGravel wall bunker

Die hawerkategorie spog ook met fantastiese resultate die jaar en drie van die vier finaliste is voormalige kategoriewenners.

Kleingraan (hawer)-finaliste in alfabetiese volgorde:

Farm/enterprise nameFarmer/producerEntered byEntry type
DassenvaleyJohan MostertAFGRI Animal FeedsGravel wall bunker
De DraayAwie ErasmusMeadow Feeds PaarlBun/drive-over pile
Groenwei BoerderyBull van RensburgEC ContractingGravel wall bunker
Ocean Breeze HolsteinsJK BassonNova FeedsGravel wall bunker

Voersorghumfinaliste in alfabetiese volgorde:

Farm/enterprise nameFarmer/producerEntered byEntry type
Berg en Dal BoerderyPieter HammanAFGRI Animal FeedsGravel wall bunker
Hurwitz FarmingJarren HurwitzHurwitz FarmingSilo bag
Saamstaan Boerdery (Vyevlei)Elanza FouchéAFGRI Animal FeedsGravel wall bunker

Kuilvoerbale toetskategorie finaliste in alfabetiese volgorde:

Farm/enterprise nameFarmer/producerEntered byEntry type
Exact SilageBurger MaraisKameeldrift VoereBale
JW Nel & Seun BoerderyKempen NelJW Nel & Seun BoerderyBale
Saxeni HoldingsEmje FerreiraSaxeni AgricBale

Die wenners sal tydens ‘n lewendige uitsending en ‘watch party’ op 3 Desember om 18:00 aangekondig word. Om na die bekendmaking van die finaliste te kyk, klik op die skakel: https://youtu.be/SAf526D0Gk0

Vir meer inligting rondom die kompetisie. 2022 inskrywings, of ander navrae, kontak vir Deidré Louw by 066-231-2430, of deidre@plaasmedia.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0