Feraboli baal flink, vinnig en flatervry
‘n Boer wat self hard en deeglik werk verwag dieselfde diens van sy toerusting en laat hom nie met sukkelmasjinerie tevrede stel nie.
So ’n boer is Kobus Kriel van Bethlehem se wêreld wat sy eie bees-, mielie- en koringboerdery met harde werk, toewyding en deursettingsvermoë opgebou het. Hy het eers ook skape aangehou, maar hy moes dié vertakking laat vaar omdat hy nie langer kon voorbly om gratis “take-aways” aan skaapboewe te voorsien nie.
Om sy groeiende beeskudde vet en gelukkig te hou moes Kobus meer uit sy lande kry as tevore en naderhand kon hy nie meer sonder ’n baler van sy eie klaarkom nie.
By sy eerste aanskoue van die Feraboli het dit hom nie lank geneem om tot ’n besluit te kom nie. Hy het daar en dan die rooi baler gekoop en na twee seisoene se vlot baalwerk verklaar Kobus prontuit: “Ek was nog vir geen oomblik spyt dat ek daardie dag my Feraboli gekoop het nie.”
Eenvoudig en betroubaar
Die eienskap wat Kobus die meeste van sy baler beïndruk is sy betroubaarheid. “Ek het die afgelope twee seisoene 1 700 bale met my Feraboli gebaal sonder enige probleme of teëspoed.”
Kobus baal hoofsaaklik oulandsgras, maar het ook al mieliestrooi gebaal. “Ek het eers gewonder hoe dit sal gaan met die mieliestrooibalery, maar hy tel die strooi mooi op en lewer eersteklas bale.”
Die Feraboli se opteller is 150 cm wyd met 17 tande in vier rye gerangskik. Die tande is naby mekaar sodat jy enige gewas kan optel en baal sonder vermorsing. Deur twee kantvoerders weerskante van die opteller aan te bring kan die optelwydte tot 2 meter vergroot word om wye windrye te baal.
’n Mens sou verwag dat ’n werktuig wat só hard werk gedurig gepamperlang moet word. Nee, sê Kobus, hy ghries hom net deeglik elke slag voor hy baal. Die onderhoud op die Feraboli is, soos om die masjien te gebruik, baie maklik.
En van diens gepraat: Die Massey Ferguson-mense staan die boer deeglik by. Hulle maak seker dat alles van die eerste aanhaak af klopdisselboom verloop en dat die eerste klompie bale netjies op die land staan voordat hulle hom alleen laat voortbaal het.
Boonop kan daar altyd op Southtrade gereken word om buitengewone probleme wat mag opduik op te los.
Enigeen wat daaraan dink om ’n baler te koop, kan gerus die volgende eienskappe van die Feraboli FF20 in gedagte hou:
- Sy werking is gegrond op die beproefde Welger-stelsel. Sy doeltreffendheid het sy oorsprong in meganiese eenvoud wat netjiese, stewige, digte bale lewer, wat vog uithou en beter teen wind en weer bestand is
- Eenvoudig om te gebruik
- Bekostigbaar
- Toegerus met truligte vir sleep op ’n openbare pad
- Materiaal word vinnig en eweredig gevoer, selfs op ongelyke lande of teen hellings
- Gehalte Feraboli-vakmanskap van aste en ratte, gerugsteun deur 110 jaar ervaring in die vervaardiging van landboumasjinerie
- Die Feraboli FF20 is ’n klein, ligte baler geskik vir uiteenlopende toepassings. Hy is byvoorbeeld baie geskik vir skuinstes en kleiner lande.
Indien jy in die binneland boer, skakel Marius Eksteen van Massey Ferguson Bloemfontein by 051-435-2069
of stuur ’n faks aan 051-434-3521. As jy elders in die land boer, skakel Southtrade by 021-981-6044.