Categories: NewsPublished On: 1st June 2010

FAW-trokke-vra-min-en-gee-baie-–-jaar-na-jaar-na-jaar

By 3 min read

Die taaiste trok met die beste diens teen die laagste prys – dit is FAW.

So sê Louis Broodryk van Durbanville wat daagliks swaar vragte newe-produkte vir Tydstroom Pluimvee vervoer met betroubare, bekostigbare FAW-vragmotors. En dis nie sommer praatjies nie – daarvan getuig die feit dat die onderneming al hoe meer FAW-vrag-motors aanskaf; die eerste een in 2004, toe een in 2005 en daarna, uit pure tevredenheid met die eerste twee, ’n derde een in 2007.

En hulle dink nie daaraan om weer enigiets anders te koop nie, sê Louis. Daarvoor is die FAW se betroubaarheid en bekostigbare eienaarskap eens te aantreklik.

Die eerste twee het nou al tussen 300 000 en 400 000 km afgelê; dit alles moordende ry-stopwerk met volle vragte op moeilike paaie en teen skotige skuinstes. Dit beteken dat die een al vragte tot anderkant die maan gedra het met die ander een kort op sy hakke.

Die getroue FAW-vragmotors het al hierdie kilometers gewerk sonder enige ernstige probleme, met net normale instandhouding, vertel Louis: “FAW-vragmotors is goedkoop en hulle onderdele is die goedkoopste van almal. Nog elke ding wat ons nodig gehad het kon FAW in Kraaifontein onmiddellik van die rak af voorsien. Dit verskil drasties van 90 persent van die ander fabrikate waar jy dikwels tot drie dae vir ’n onderdeel moet wag. Ek kan nie drie dae wag nie.”

Johan Brand van FAW Kaapstad deel hierdie siening volkome: “Die wiele moet teen alle koste draai,” glo hy, want net as die wiele draai verdien die vragmotoreienaar geld. Niemand koop immers ’n vragmotor om hom onder die boom te parkeer nie.

Dis hierdie taaie betroubaarheid, eerlike bekostigbaarheid en toegewyde diens wat FAW die wêreld se derde grootste vragmotorvervaardiger gemaak het.

Op hierdie selfde eienskappe reken Louis om sy drie FAW-staatmakers 24 uur per dag aan die werk te hou en hy erken dat van hulle in die verlede, sonder sy goedkeuring, soms kwaai oorlaai is – sonder om die geringste daarvan oor te kom.

Elke FAW, van die flinke drietonner tot die mees gespierde voorhaker, is immers in alle opsigte ’n volwaardige vragmotor in murg en been, met geen tierlantyntjies wat onklaar kan raak en jou in die steek kan laat nie.

Vir die boer beteken dit die mees bekostigbare en mees betroubare vervoeroplossing vir elke toepassing. En daarby het jy altyddeur die gemoedsrus dat FAW ’n 24/7-rugsteundiens bied om te verseker dat die wiele altyd aan die rol sal bly.

So, of jy vee wil vervoer of groente of vrugte of graan of sand, klip, mis, kuns-mis, kalk of boumateriaal of wat ook al, laai gerus al jou vragte op die gewillige, stewige skouers van ‘n FAW-vragmotor. FAW bring jou vrag elke keer daar – betroubaar, bekostigbaar en veilig.

By al hierdie robuuste kanniedood-taaiheid en onverdunde enjinkrag, is elke FAW-vragmotor boonop ’n plesier om te bestuur. Hy koester die bestuurder in die grootste gerief en elke kontrole is presies waar jy hom wou gehad het.

Jy kan ook soos Louis Broodryk die toppunt van vervoerdoeltreffendheid bereik. As jy in die Kaap boer, praat met Johan Brand by 083-751-4427 of 021-987-1909 of fawcapetown@fawsa.com, of as jy elders in die land boer, met Eugene van der Berg by 082-496-2825 of eugene@fawsa.comom te hoor waar die handelaar naaste aan jou is. Besoek ook www.fawtrucks.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment