Categories: NewsPublished On: 31st May 2010

FAW-trok-ry-lag-lag-maan-toe!-(en-is-sterk-op-pad-terug)

By 3 min read

Dis kinderspeletjies vir ’n FAW-vragmotor om maan toe te ry. Dit word bewys deur die bekende Vrystaatse koe-riersaak, Trans Atlantis. Een van hulle FAW-vragmotors, ’n 13.160FLS-agt-tonner, het nou reeds 500 000 km afgelê. Dit is al die pad maan toe en byna ’n derde van die pad terug!

Volgens die mede-eienaar van Trans Atlantis, Etienne Deetlefs, was dit boonop ’n halfmiljoen probleemvrye kilometer. “Die vragmotor, wat in 2004 gekoop is, het geen ernstige probleme opgelewer nie en sy prestasie staan gelyk aan die beste prestasie wat ons nog ooit met enige voertuig in ons bedryf behaal het.”

Dit is Trans Atlantis se beleid om sy voertuie op te pas en nie te verniel nie. Etienne is so gesteld op diens dat hy self die onderhoud van sy voertuie doen, maar dit doen geen afbreuk aan die prestasie van FAW nie.

FAW speel ’n belangrike rol in Trans Atlantis se sukses, sê Wilma Deetlefs, mede-eienaar. Die maatskappy het in 1995 begin sake doen met ’n Nissan 1400 bakkie en ’n 2,7 Nissan diesel. Hulle het net een kontrak gehad: om vir Atlas Copco boorpunte na die myne toe aan te ry.

Toe hulle die kontrak verloor het, het hulle die keuse gehad om die handdoek in te gooi of om die saak op te bou. Met harde werk, ’n bietjie geluk en FAW se betroubare vragmotors het hulle die paal gehaal.

Vandag tel van die voorste maatskappye onder Trans Atlantis se kliënte. Hulle vloot brei ook vinnig uit en die jongste toevoeging is ’n FAW 9.130FL-viertonner, wat beroemd is vir sy brandstof-ekonomie en betroubaarheid.

Boere is gaande

Dit is hierdie einste FAW 9.130 wat boere so gaande gehad het by Nampo, sê FAW se nasionale verkoopsbestuurder, Eugene van der Berg.

En ook geen wonder nie, want soos al FAW se produkte, is die viertonner ’n stoere, stewige vragmotor in murg en been – sonder oorbodige tierlantyntjies wat die prys onnodig opjaag en jou langs die pad in die steek kan laat.

Dis nie net FAW se voertuie wat respek afdwing nie, vertel Etienne, maar ook die skitterende gehalte van hulle diens. As jy ’n FAW besit, het jy ’n span kundiges agter jou wat enige tyd van die dag of nag, enige plek in die land, sal sorg dat jou vragmotor se wiele rol.

FAW bied ’n volledige reeks vragmotors vir elke taak onder die son (of maan) en hulle is gebou om te werk, soos hulle al deeglik in Afrika en elders in die wêreld bewys het.

As jy enkele skape of beeste wil aanry of reuse vragte diere of produkte oor groot afstande en op moeilike paaie wil vervoer, daar is ’n FAW-trok presies geskik vir jou taak, met ’n rugsteunspan wat bereid is om die pad maan toe en terug saam met jou aan te durf, so sê Barry Davidtz, FAW se agent in Kroonstad.

Vir meer inligting, skakel Eugene van der Berg van FAW by 011-392-1530 of 082-496-2825 of Barry Davidtz van Kroonstad by 083-628-8939 of gaan kuier op die webwerf www.fawtrucks.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment