Categories: NewsPublished On: 2nd February 2012

Eskom in spervuur

By 1 min read

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Eskom met ‘n klag by die Verbruikerskommissie gedreig indien die instansie besluit om voort te gaan met kragonderbrekings. 

Volgens ‘n verklaring van die DA voel die party dat dit hulle plig is om Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse besighede te beskerm. Die Wet op Verbruikersbeskerming verbied dade wat die verbruiker benadeel. Dit dring ook aan op regverdigheid and vrye keuse vir die verbruiker.

Die DA voel dat verbruikers in Suid-Afrika, wat reeds gebuk gaan onder swaar ekonomiese tye, deur Eskom uitgebuit word. Nie alleenlik moet verbruikers prysverhogings van Eskom aanvaar nie, maar hulle word aangemaan om kragverbruik met 10% te besny, anders gaan kragonderbrekings plaasvind.

Mnr Sejamothopo Motau, die DA se verteenwoordiger vir energiesake, voel verder dat die huidige kragkrisis te wyte is aan Eskom se swak besigheidspraktyke. Dit is hulle foutiewe tydsberekening wat gelei het tot ‘n massiewe onderhoudagterstand en dit was hulle besluit om vergoeding van die uitvoerende komiteelede te verhoog met 109%.

Volgens mnr Motau is die gedrag tipies van ‘n staatbeskermde-monopolie. Omdat daar geen kompetisie is nie, kan Eskom daarmee wegkom om die onus van verantwoordelikheid na die verbruiker te skuif. Om hierdie rede voel die DA die Verbruikerskommissie moet betrokke raak.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0