Ervaar die vreugde van oestyd op La Motte

La Motte Harvest 2025 (1)
Oestyd is nie net die belangrikste tyd op ‘n wynplaas nie – dit is ook ‘n tyd om die vreugde van hierdie spesiale seisoen te vier en te deel.
“Oestyd is te lekker om nie te deel nie”, nooi Keldermeester Edmund Terblanche: “Die wingerde hou van ‘n koue, nat winter en dit is presies wat dit gekry het. Die begin van somer was relatief koel en droog, dus is die druiwe gesond. Alhoewel ons ‘n kleiner oes verwag, sien ons uit na uitstekende gehalte vrugte.”
Die La Motte span nooi gaste uit om by die La Motte-oeservaring aan te sluit en deel te wees van die Wynlande se spesiale oestydvreugdes, te deel in die seën van die oes, die somerskoonheid van die Franschhoekvallei en die passies van die La Motte-familie.
Wat om te verwag van die La Motte-oeservaring:
Een van die landgoed se entoesiastiese en kundige wynproe-ambassadeurs sal jou vergesel op hierdie viering van unieke oestradisies:
- In die wingerd – leer meer oor die verskillende variëteite, oesprosesse en die landgoed se biologiese boerderypraktyke. Kyk of jy die die verskil tussen die verskillende variëteite kan uitken en proe die soetheid van die ryp druiwekorrels.
- In die kelder – sien die verskillende kelderaktiwiteite en proe selfs van die druiwemos (gissende druiwesap) uit ‘n fermentasietenk. (Kelderaktiwiteit sal afhang van die spesifieke dag se oesbeplanning.)
- In die proelokaal – proe La Motte se bekroonde wyne – ses wyne van die La Motte Classic en Estate Collection. Geniet ook die welbekende en seisoenale La Motte mosbolletjie!
- In die skaduwee van die ou eikebome – ontspan in die rustige atmosfeer van die landgoedtuine en geniet ‘n ligte oes-geïnspireerde spyskaart uit L’Ami Family Brasserie – met ‘n glas wyn natuurlik! (Slegs beskikbaar as deel van die oggendsessie.)
Die Oeservaring (R190 per persoon) sluit ‘n wingerd- en keldertoer sowel as ‘n wynproe in. Dit neem ongeveer 90-minute en is beskikbaar van Dinsdae tot Sondae om 10:00 en 15:30, vanaf 5 Februarie tot einde Maart.
‘n Heerlike Oes-spyskaart is addisioneel en opsioneel beskikbaar as ‘n ligte middagete na die oggendsessie van die Oeservaring teen R150 per persoon. Jy kan kies tussen Wynland-gunstelinge en somersmake: Plaaswors met tuisgemaakte druiweblatjang en mosterd, Kaapse Maleise Stokvis Samoosas met ‘n druiwesalsa of Amandelgazpacho met druiwe en kruie. Jou keuse van ‘n glas La Motte Sauvignon Blanc of Millennium (of koeldrank) is ingesluit.
Besprekings vir beide die Oeservaring en opsionele ligte middagete is noodsaaklik en moet aanlyn gemaak word. Klik hier.
Voor jy vertrek…
La Motte se bekende oestydmosbolletjies en ‘n keuse van oes-geïnspireerde brode is beskikbaar by die La Motte Bakery vir die duur van die oes. Hulle verkoop soos soetkoek, so om teleurstelling te voorkom, bestel eerder joune vooraf by Bonita: T +27 (0)21 876 8825 of E bakery@la-motte.co.za
Oes-geïnspireerde inkopies is die ideale manier om ‘n besoek aan La Motte af te sluit – loer in by die Plaaswinkel en Spens en vier alles wat lekker en plaaslik is. (Die Spens het selfs moskonfyt en botter vir jou mosbolletjies …)
Om ‘n hele dag op La Motte te beplan, klik hier.
Navrae oor die Oeservaring:
T +27 (0)21 876 8820
La Motte Ervaring Inligting:
Middagete: Woensdag tot Sondag, 11:30 – 15:00
Aandete: Woensdag tot Saterdag, vanaf 18:30
Klein Bordjies: Woensdag tot Saterdag, 14:30 – 16:30
Ontbyt, middagete en inkopies by Bakery: Woensdag tot Sondag, 08:00 – 16:00. (Kombuis sluit om 15:00)
Seisoenale aandete van Dinsdag tot Saterdag en middagete op Sondae. Besprekings noodsaaklik.
Wynervaring (Proelokaal)
Dinsdag tot Sondag, 09:00 – 17:00
Woensdag tot Sondag, 10:00 – 17:00
Dinsdag tot Sondag, 09:00 – 17:00
Dinsdag tot Sondag, 09:00 – 17:00
Sosialemedia
Facebook: La Motte | X: @lamottewine | IG: @lamottewine
Vir meer inligting oor La Motte, besoek asseblief www.la-motte.com of kontak Mareli Roux by mr.marketing@historicwines.co.za