Categories: NewsPublished On: 1st June 2010

Equalizer:-Puik-planter-bespaar-groot-geld

By 2 min read
367 words

Meer as R2,6-miljoen – dis hoeveel geld Louma Boerdery by Thabazimbi jaarliks bespaar vandat dié boerdery Equalizer-planters begin gebruik het. En dit is maar net die besparing met bewerkingskoste en brandstof – as die allemintige arbeids-besparing daarby getel word, lyk die prentjie nog indrukwekkender.

Boonop dui alles daarop dat daar ’n opbrengsvermeerdering gaan wees, maar Louma se mense is versigtig om te praat voordat hulle die werklike resultate op die tafel het.

Louma het eers met Amerikaanse sogenaamde geenbewerkingplanters gewerk, maar dit was nie juis suksesvol nie. Die grond is nie behoorlik losgemaak en deurlug nie. Boonop het die kouteraksie van dié planters die plantmateriaal op die oppervlakte bloot gevou en in die grond ingedruk, sodat baie van die saad daarop te lande gekom het in plaas van in die grond.

Die lae stand wat met hierdie planters bereik is, het Louma genoodsaak om lande op die tradisionele manier los te maak en die saadbed voor te berei, maar dit is duur.

Die kostedoeltreffende antwoord was Suid-Afrika se eie, ware minimum-bewerkingplanter, die Equalizer, vervaardig deur Theebo Tech en versprei deur Vitamech.

“Die Equalizer kan regtig minimum-bewerking doen,” vertel die eienaar van Louma boerdery, Lourens du Plessis, “en hy word boonop voorsien deur ’n verskaffer wat doeltreffende diens lewer, wat na die boer luister en wat aanpassings maak soos ons dit nodig het om presies by alle grondtoestande, boerderymetodes en gewasse te pas.”

Louma plant in die winter koring en in die somer soja onder spilpunte en sy twee Equalizers moet dus so 4 600 hektaar per jaar plant. Die 10-meter model plant 36 rye van 275 mm wyd en die 12-meter een 44 rye.

Die Equalizer plant teen 7 tot 8 km/u, maar dit kan vinniger of stadiger na gelang van die omstandighede. Louma Boerdery is heeltemal tevrede met die aantal hektaar wat die Equalizer per dag plant, verklaar Gees Strydom, algemene bestuurder van die boerdery.

Die planters is boer- en boerderyvriendelik, sê Gees. Dis maklik om hulle te kalibreer. Met vanjaar se koringplantery het hy die planters vir 238 kg kunsmis per hektaar gekalibreer en nadat 2 200 hektaar geplant is, gevind dat hy ’n skamele kilogram per hektaar te veel toegedien het.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0