Categories: NewsPublished On: 17th January 2011

En daar was water

By 1 min read

Die afgelope naweek is groot skade aangerig weens vloede in dele van Gauteng, Vrystaat, KwaZulu Natal en die Noord-Kaap. 

Reddingswerkers het hulle hande vol gehad om mense te help wat in die moeilikheid beland het. Saterdag is ‘n helikopter ingespan om kos en medisyne aan huishoudings te bring wat as gevolg van stygende watervlak afgeny was. 
 
President Zuma het in ‘n verklaring sy simpatie uitgespreek met die vloedslagoffers en ‘n interministeriële komitee aangestel om die hulpverleningsstrategie te beheer. Die komitee het Saterdag in Pretoria vergader. 
 
Na bewering het 32 mense reeds in die jongste vloede landswyd verdrink. In KwaZulu Natal is 20 mense dood en nege ernstig beseer na swaar reën en vloede die gebied geteister het.
 
Die Noord-Kaap is van die swaarste getref en die owerhede oorweeg dit om die vloedgeteisterde gebied tot rampgebied verklaar. 
 
Daar bestaan kommer dat Kakamas van die buitewêreld afgesny kan raak indien die watervlak aanhou styg. Vloedwater het reeds Saterdag 500 meter ver die dorp ingestoot. 
 
Donderdag het boere en reddingswerkers gesamentlik ‘n keerwal gebou wat die pad na Upington moes beskerm, maar die oorweldigende vloedwater het die keerwal meegesleur en die hoofroete na Upington is afgesny. In Upington moes talle gesinne hulle huise ontruim en word tans in tente en kerke gehuisves. Bekende landmarke in dié dorp is ook onder water soos die Upington Eiland en die rugbyklub waar die Kalahari-kuierfees aangebied word. 
 
Boere het ook groot skade gely. Druiwe-, lusern- en katoenoeste is deur die vloede vernietig.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0