Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Elsenburg:-Wegspring-vir-die-wenboer

By 2 min read

&ldElsenburg-Wegspring-vir-die-wenboer/>
Marius Paulse, programbestuurder van Gestruktureerde Landbouoplei-ding by die Departement van Landbou: Wes-Kaap. Die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding (KILO) bied verskeie opleidingsprogramme in sowel die Voortgesette Onderwys en – Opleidingsband as die as Hoër Onderwysband aan.

Pasgemaak en behoeftegedrewe: kort kursusse en leerlingskappe vir almal!
Die KILO beskik oor ’n Verdere Onderwys en Opleidingsentrum wat kortkursusse in sowat 50 studievelde aanbied. Kursusse wissel van lewensvaardighede-, bestuurs- en finansiële kursusse tot praktiese kursusse in groente- en vrugteverbouing, diereproduksie, metaalwerk, besproeiing, kalibrasie van spuittoerusting en nog veel meer. Kursusse word ook aangepas by die behoeftes van spesifieke teikengehore, en die kursusse word normaalweg aangebied in die taal (Afrikaans of Engels) wat deur die meeste kursusgangers verstaan word. Enkele kursusse word ook in Xhosa aangebied.

Elsenburg bied sedert 2005 Leerlingskap opleiding aan leerders wat nie in besit is van ’n matrieksertifikate is  nie. Opleiding strek oor ’n periode van 10 maande, waarna ’n eenjarige Sertifikaat aan suksesvolle studente toegeken word.

Na-matriek opleiding
Voornemende studente wat nie matrikulasievrystelling het nie, kan vir die Hoër Sertifikaat in Landbou inskryf. Die kursus strek oor twee jaar. Na suksesvolle voltooiing hiervan, kan studente registreer vir die deeltydse Diploma in Landbou, wat meerendeels op ervaringsonderrig gebaseer is.

Elsenburg bied vanaf 2004 ’n driejarige B.Agric-graadkursus in assosiasie met die Universiteit van Stellenbosch aan. Studente moet oor matrikulasievrystelling beskik om vir keuring vir die graadkursus in aanmerking te kom. Die wye vakkeusespektrum maak dit vir studente moontlik om te spesialiseer in die velde wat hulle interesseer. Die
B.InstAgrar (Hons) word vanaf 2010 in assosiasie met die Universiteit Pretoria op ’n deeltydse grondslag oor twee jaar te Elsenburg aangebied in drie hoofrigtings, naamlik Plantproduksie, Diereproduksie en Voorligting.
Toelatingsvereistes is ’n toepaslike B.Agric of B.Techgraad.

Elsenburg bring opleiding na die mense

Gedesentraliseerde opleiding poog om opleiding nader aan veral hulpbron-arm boere te bring. Vir hierdie doel is opleidingsentra reeds te George,Clanwilliam, Oudtshoorn en Bredasdorp gevestig. Waar die behoefte bestaan en voldoende kursusgangers en die nodige geriewe beskikbaar is, kan kursusse ook in die gemeenskappe self aangebied word.

Vir meer inligting skakel KILO by 021-808-5451/2

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment