Categories: NewsPublished On: 15th February 2018

Elsenburg uitblinkers toer na PE

By 1 min read

elsenburg

AJ van Wyk (links) en Christiaan Kotze

Elsenburg se derdejaar studente, Christaan Kotze en AJ van Wyk, is beloon vir hulle harde werk met ‘n toer om die wolketting te bestudeer. Die twee studente het presteer in hulle tweedejaarsvak wat gehandel het oor teling en praktiese toepassings wat die Suid-Afrikaanse Vleismerino-kursus, Merino-kursus en Merino-prakties ingesluit het. Dié twee slimkoppe is vergesel deur Plot du Toit en Annelie Kruger wat by Elsenburg Kollege werksaam is.

“’n Ongelooflike belewenis; opvoedkundig en interessant,” is die woorde wat gebruik is om die studietoer na Port Elizabeth en Uitenhage te beskryf.

Dit is die sesde jaar wat die Wes-Kaapse NWKV in die jeug belê. Volgens Christaan het hy intens tot die besef gekom van die dinamika van die wolbedryf.

Die tweedaagse toer het ‘n besoek aan ‘n wolpakhuis, wolveiling, toetshuis en verwerkingsgerief ingesluit. Die wolstoor het egter ‘n beduidende indruk op die studente gemaak en hulle was verstom oor die see van wolbale wat voor hulle uitgestrek lê. Dit was indrukwekkend om op te let dat soveel wol met presisie hanteer en sorteer word. Die fyner maatreëls wat noemenswaardige verbetering tot skeersels kan bewerkstellig en die nadele van ongewense voorwerpe in wolbale is uitgewys.

“Elke student en boer wat ‘n passie vir wol het moet so ‘n toer meemaak,” was Christiaan se gevolgtrekking en hulle het groot waardering vir die NWKV en die personeel van die NWKV Hoofkantoor wat die reëlings hanteer het.

Bron: NWKV

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NuusPublished On: 15th February 2018

Go to Top