Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Elmic se Beefmasters is wenners tussen wenners

By 2 min read

Om ’n wenner tussen wenners te wees verg goeie be­stuur en nuwe denke. Dit is hoe Mike Nicolau se Elmic Beefmasters dit regkry om by die goeie beginsels van die Beefmaster-teelprogram te bly, maar steeds iets meer te bied. 

Mike glo dat ’n beesboer, soos alles anders in die lewe, moet streef na harmonie en balans in sy kudde.

Dit word weerspieël in Elmic se teelprogram en in die hantering van die beeste. Daar is nie baie ekstensiewe beesplase in Suid-Afrika waar perde gebruik word om met die hantering van die beeste te help nie! Praat van harmonie…

Elmic Beefmasters het rede om trots te wees op sy bulle. Eerste op die prioriteitslys is sterk bespierde, medium- tot vroegryp bulle met baie goeie stapvermoë. Daarby is 50% van die kudde natuurlike poenas en die bulle het goeie skedes sonder enige prolapse.

Op Brakvlei is daar ekstensiewe teling op natuurlike veld. Verder word die bulle op natuurlike veld deur Veldbul SA onder leiding van dr Hannes Dreyer getoets.

Reeds in 2000/2001 het Elmic-stoet die trofee vir die beste Beefmasterbul en beste bul van al die rasse verower.

Die bulle ondergaan ook ’n ekstensiewe Fase D-toets wat deur die LNR uitgevoer word.

Elmic poog om ’n 50%-kalfspeenverhouding te bereik, wat beteken dat die kalf 50% van die moeder se liggaamsmassa moet weeg met speen. Mike sê dit word gedoen om te verseker dat elke koei regverdig beoordeel word.

Tussen 700 en 800 koeie kalf jaarliks met ’n 85% kalfpersentasie. Verder word tussen 400 en 500 koeie jaarliks kunsmatig geïnsemineer.

Elmic Beefmaster hou op 14 Augustus 2008 sy 8ste produksieveiling by Vrede se veilingskrale. 60 bulle en 80 vroulike diere sal aangebied word.

Op 24 Julie is daar ’n inligtingsdag op die plaas Brakvlei, naby Vrede. Dit gaan nie net oor die besigtiging van die beeste nie, maar dien ook as ’n geleentheid om waardevolle inligting oor die eienskappe van ’n goeie vleisbees te bekom. Ian Walsch van Livestock Index, Nieu-Seeland, sal ’n praktiese demonstrasie gee oor die meting van spier tot been-verhouding. Die verhouding is die beste aanduiding van die hoeveelheid vleis wat ’n bees produseer.

Boere wat in die inligtingsdag of die veiling belangstel kan enige van die volgende persone skakel:

Mike Nicolau 082-789-2803

Elma Nicolau 058-913-2021

Johannatjie Malherbe 082-898-0331

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment