Categories: NewsPublished On: 29th June 2010

Elke Senter 360 spilpunt is spesiaal

By 2 min read

Die allerbeste struktuur, materiaal, vakmanskap en steundiens teen die redelikste prys – dit is wat Senter 360-spilpunte die ernstige besproeiingsboer bied.

Met meer as twintig jaar ervaring bied Senter 360 die boer ’n volledige spilpuntdiens, vanaf die lewens-vatbaarheidstudie en die opmetings tot die oprigting, naverkoopdiens en opgradering namate die boerdery groei.

Senter 360-spilpunte is buiten-gewoon sterk en taai om jare en jare ononderbroke diens in uiterste toestande te lewer. Een van die redes daarvoor is dat die Senter 360 se vakwerk van gegalvaniseerde pyp gemaak is, teenoor die swaarder hoekyster van gewone spilpunte. Dit beteken dat die Senter 360 twee stelle vakwerkstutte meer per toring het, wat hom meer as 60% sterker maak sonder dat hy swaarder is.

Hierdie meerderwaardige sterkte maak die Senter 360 die ideale sleepspilpunt sodat jy hom op meer as een sirkel kan ontplooi. Dit maak hom ook uiters bestand teen stormwinde en ’n ware, moeitevrye kanniedood besproeiingsvennoot vir die boer.

Die Senter 360 is van die eerste ontwerpkonsep af met ’n praktiese modulêre inslag ontwikkel. Die hele reeks se pype is 6,4 meter lank, die vakwerkysters is modulêr en die beheerpaneel is so ontwerp dat die stelsel tot op die grootste en mees gevorderde vlak uitgebrei kan word sonder om toerusting te vervang.

Besproeiingsboere is veral bly oor Senter 360 se vindingryke oplossing om daardie belangrike laaste spuit, wat die langste pad loop en dus ’n baie groot deel van jou sirkel besproei, skoon te hou. Dit is die spuit wat gewoonlik verstop raak en jou opbrengs gevoelig kan benadeel. En as hy verstop raak, volg die tweede- en derdelaaste spuite ook…

Maar Senter 360 skakel hierdie probleem heeltemal uit en hou die oorhang deurlopend skoon – as standaardtoerusting!

Senter 360 is tot in die fynste besonderheid ontwerp en vervaardig om die boer net die beste diens te bied. Daarvoor sorg die I-Wob -sproeierpakket wat die beste is wat geld kan koop, spesiale spilpuntbande wat wielspoorprobleme drasties verminder en Senter 360 se kundige en geesdriftige diens vanaf die beplanningstadium tot by onderdeleverskaffing en nasorg.

Senter 360 se mense stel regtig belang en lewer dieselfde skitterdiens enige plek in Suid-Afrika. Skakel 018-469-1331, e-pos info@senter.co.zaen besoek www.senter360.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0