Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Elke-plaas-het-’n-Case-JX95-nodig:-Klein-trekkertjie-doen-groot-werk-en-spaar-groot-geld

By 2 min read

Die aarde is nat en rondom Middelburg is dit die ene aksie soos die boere ploeg en plant. Dis net mooi rooi trekkers waar jy kyk, want Middelburg is Case-wêreld.

Op Niels Erichsen se plaas knap buite Middelburg in Stofberg se koers, stap twee onstuitbare Case Steigers van horison tot horison om die goeie aarde los te maak en voor te berei op die span planters wat sekuur deur Case Maxxums deur die land geloods word.

En oral op die plaas, rats, beweeglik en immer gereed vir aksie, is die drie kleiner Case-boeties, die JX95.

Hierdie wakker bulletjies met hulle 71 kW-enjins, twaalf­spoedratkaste en vierwielvastrap speel ’n sleutelrol in die boerdery, want hulle doen woerts-warts al die werk waarvoor die groter trekkers te duur sou wees: sleepwa en dieselkar sleep, spuitwerk, oulandsgras sny met 1,5 en 1,8 m swaailemsnyers, hark en baal, kunsmis strooi, eg, skoffel en selfs ploeg.

Plaasvoorman en werktuigkundige Ignus Gouws vertel: Die JX95 se ratverhoudings is perfek. Hy het ’n rat vir elke taak en daarom doen hy lag-lag swaarder werk as sommige ander trekkers met veel groter enjins en dieseldors. Hy stap met ’n vierskaar 17 duim ploeg dat dit lyk of die aarde ewe skielik in lou botter verander het.

Die JX95 se perfekte gewigsverspreiding dra natuurlik tot sy verbasende trekkrag by. Hy is baie stabiel, hou ’n reg­uit lyn deur die land en stuit nie in nat kolle nie.

Daarby werk hy baie suinig met die diesel en word maklik en gou versien omdat alles wat saakmaak maklik bereikbaar en bymekaar geplaas is – soos ’n mens van Case gewoond is.

Ekonomiese opsie

Niels Erichsen gebruik al baie jare Case-trekkers en die JX95 is ’n waardige lid van die reeks. Dit is die eko­nomiese opsie wat op elke plaas ’n plek het, sê hy.

Maar net so belangrik soos Case-trekkers se onoortreflike gehalte, is diens. Oor die jare het Northmec se mense al byna soos familie geword en hulle diens en belangstelling is ’n belangrike bate vir enige boerdery.

Jy kan ook wen met die ekonomiese opsie. As jy naby Middelburg boer, skakel Harold Groenewald of Jock Cameron by Middelburg Implemente 013- 282-7381, of kyk in ProAgri 89 waar die naase Northmec-tak of -handelaar aan jou is, of bel Northmec by 011-922-2306.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment