Categories: NewsPublished On: 9th May 2011

Elektriese Landi vir wildkyk bekend gestel

By 1 min read
246 words
Land Rover Suid-Afrika het in samewerking met Axeon, ‘n Europese maatskappy, ‘n nuwe battery-aangedrewe wildbesigtigingsvoertuig ontwerp. 
 
Die nuwe elektriese Land Rover Defender met permanente vierwielaandrywing, is van ‘n 300-volt, 27 kW/uur litium-ioon batterypak voorsien. Die lugverkoelde motor lewer 59 kW krag met ‘n regenererings vermoë van 10%. ‘n Indrukwekkende 330 Nm wringkrag is dadelik beskikbaar. 
 
Die Devender sal teen 60 km per uur, sowat 80 km ver kan ry, met ‘n bykomende 20 km in reserwe. Dit beteken ‘n agt uur lange wildrit. In die praktyk duur die gemiddelde wildkyk uitstappie egter slegs ‘n derde solank.
 
Die battery-Devender laat geen gasse in die atmosfeer los nie en loop amper geluidloos, wat dit moontlik sal maak om veel nader aan sku soorte wild te kom as met ‘n dreunende dieselenjin.
 
Die battery word herlaai deur middel van ‘n gewone enkelfase kragpunt. ‘n Sonkrag herlaai-eenheid is egter ook ‘n opsie, wat die voertuig geheel en al uitlaatgasvry sal maak.
 
Die voertuig is aan strawwe toetse by die Gerotek-voertuigtoetssentrum onderwerp en het, volgens Land Rover, daar besonder goed gevaar.
 
Spesifikasies:
Tipe motor Lugverkoelde AC-induksie-motor
Wringkrag 330 Nm
Motorkrag 59 kW
Regenereringkrag 10 kW
Battery     Lugverkoel, litium-fosfaat
Battery Volt   300 V
Battery-vermoë 27 kW-uur
Uitlaatpypvrystelling 0 g/km koolsuurgas
Afstand teen 60 km/uur   80 km en 20 km reserwe
Tydsduur 8 ure wildkyk
Herlaai Vinnig, enkelfase
Krag 8 kW
Solar herlaai aanpasbaar Ja
Kragoordrag Defender permanente 4WD-aandrywing met ewenaarslot
 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0