Ekonomiese-Diereproduksie-op-Aangeplante-Weiding
Inleiding
Daar is voortdurende druk op die Suid Afrikaanse boer vir verhoogde voedsel- produksie as gevolg van die immer groeiende menslike bevolking. Reeds in 2000 bereken Prof Neil Tainton dat Melk-, Beesvleis- & Skaapvleisproduksie binne die volgende 20 jaar onderskeidelik met 34 %, 22 % & 56 % moet verhoog. Tien van die twintig jaar is reeds verby en het ons diereproduksie verhoog?
Kan ons dit doen met veld wat alreeds oorlaai en oorbewei is? Ons moet streef na optimum kalfpersentasie en speenmassa, want daarin lê verhoogde diereproduksie. Tabel 1 dui die invloed van kalfpersentasie en speenmassa op totale diere produksie aan.
Table 1: Die inpak van kalfpersentasie en speenmassa op totale diereproduksie van ‘n koei/speenkalf stelsel
Kalf % |
Speenmassa |
Getal diere verkoop |
Kg vleis verkoop |
40% |
150 kg |
22 |
3300 |
65% |
180 kg |
35 |
6300 |
85% |
205 kg |
42 |
8610 |
Die boer met ‘n kalfpersentasie van 65% en speenmassa van 180g (SA gemiddeld) kan uit ‘n 100 koei-kudde, uiteindelik 6300 kg lewende massa (op die hoef) verkoop. Met goeie voeding is ‘n kalfpersentasie van 85% moontlik en ‘n speenmassa van 205 kg maklik haalbaar, met ‘n gevolglike totale lewende massa van 8610 kg/ha. Dit is egter ook so dat daar nog talle kuddes in die land is wat laer as 50 % kalwers produseer.
Wat is die oplossing?
Navorsers is dit eens dat alternatiewe of addisionele voeding (met die regte beplanning) in die winter reproduksie en produksie kan verhoog.
Wat is die inpak van voeding op reproduksie? Die algemene (en ou) opvatting was altyd dat die koei moet in ‘n toenemende fase tydens die dekseisoen wees. Dit is nie altyd geldig nie sê Dr Johan Meaker, bekende Veekundige. Hy noem voorbeelde van twee koeikuddes:
Groep1: Koeie het gemiddelde 10 kg gegroei tydens die dekseisoen en slegs 25% was herbeset.
Groep 2: Koeie het afgeneem tydens die dekseisoen en 88% was herbeset die volgende kalfseisoen.
Wat is die werklike feite rodom genoemde twee koei kuddes? Dr Erika van Zyl dui aan dat koeie die winter (waarin die vorige kalf nog suip) met ‘n 3 kondisie punt moet begin en teen die einde van die winter nog ten minste ‘n 2.5 punt moet hê. Dit koei se kondisiepunt behoort nooit laer as 2.5 te daal nie (verkieslik 3). Dit is alleen moontlik met voldoende voeding, regdeur die jaar (met die klem op die winter). Foto1 dui ‘n koei met ‘n kondisiepunt van 3 aan.
Foto 1: ‘n Koei met ‘n 3 kondisiepunt
Feit is dat alle diere verloor massa gedurende die winter, indien nie goeie voorsorg getref word nie. Goeie voorsorg is om na die seisoenale voedingsbehoeftes van die koei om te sien. Dit is eerstens nodig om na die normale jaarlikse kudde bestuur te kyk:
- Sep/ Okt = Kalf seisoen
- Des/ Jan = Dek seisoen
- April/ Mei = Speen (Dragtigheid)
- Mei/Sept = Dragtig
- Sep/ Okt = Kalf seisoen
Ons voorgeslagte het gesê Mei tot Julie is maer maak maande en Augustus tot Oktober is doodmaak maande en dit is wanneer die koei haar beste kondisie moet hê vir herbesetting
Wat se voorsorg?
Hier volg ‘n paar opsies:
- Speen einde Maart op 5 maande, eerder as op 7 maande. Dit is hard op kalwers, maar die koeie vind baat
- Voorsien gerusde en goeie veld in winter (of hooi/aangeplante weiding) Die vraag is: Het ons die regte veelading om voldoende rus in die somer toe telaat?
- Gee betyds byvoeding: Hooi, aangeplante weiding, oesreste of konsentraat. Moet egter nie swak of min ruvoer met die voorsiening van duur byvoeding probeer regstel nie!
Is aangeplante weiding ekonomies vir vleisbeeste?
Is dit in hierdie dae ekonomies om weiding vir vleisbeeste aan te plant? In Tabel 2 word sekere ekonomiese insette en uitsette aangedui.
Tabel 2: Sekere ekonomiese aspekte verbonde aan aangeplante weiding
In-/uitsette (R/ha) |
1985 |
2005 |
Des 2009 |
Kunsmis strooi |
R2-12 |
R46-76 |
R74 |
Hooi maak |
R66-57 |
R876-39 |
R1830 |
Stikstof (R/kg) |
R0-72 |
R7-62 |
R11-19 |
Vleisprys (R/kg) |
R1-50 |
R8-50 |
R15-00 |
Die drastiese verhoging in insetkostes vanaf 1985 to Desember 2009 is duidelik uit die tabel. Insetkostes is verhoudelik aansienlik hoër as die die verhoging in die vleisprys. Dit maak aangeplante weiding ‘n duur kommoditeit. Om die gebruik van aangeplante weiding ekonomies te regverdig moet dit in die regte produksiestelsel aangewend word.
Verskillende produksie sisteme
Speenkalf sisteem
Koop speenkalwers op 7 maande en verkoop op 12 tot 18 maande. Hulle is dus vir 5 – 12 maande op die plaas.
Tollie/os sisteem
Koop diere op 12 maande en verkoop op 18 – 24 maande. Hulle is dus 6 – 12 maande op die plaas.
Die koei/kalf sisteem
Dit beteken alle koeie en kalwers wei vir ‘n gedeelte van die jaar of ‘n volle jaar op weiding. Die beste raad is om eers staat op veld (wat gerus het) vir die koeie te maak. Indien aangeplante weiding wel vir koeie aangewend word moet dit slegs vir die 2 en 2.5 kondisie koeie gedoen word.
Die ekonomie van hierdie sisteme word in Figuur 1 vergelyk.
Figuur 1: Die ekonomie van Vleisbeeste op aangeplante weiding soos in Desember 2009
Volgens Figuur 1 is dit die swakste ekonomiese opsie om die koei en kalf vir ‘n jaar voluit op aangeplante weiding te hou. Dit is die rede waarom daar telkens voorgestel dat die koei so ver moontlik op veld gehou word. Die speenkalf kan dan op 5 na 7 maande op aangeplante weiding gehou word, waar dit ‘n wins van tot R1700/ha bo voerkoste kan behaal. Voorbeelde van sulke weiding is Smutsvingergras, vir die laat somer of staande hooi, en Oulandsgras vir die vroeë somer.
In die Oos-Vrystaat, en die res van die Hoëveld, kan (of moet) hooi geproduseer word (van byvoorbeeld Oulandsgras of Tef) om vir die koei as aanvulling gedurende die winter te dien. Op Dundee Navorsing Stasie (KZN) is bewys dat ‘n daaglikse hooi aanvulling van 2.5 tot 5 kg die koei bo ‘n kondisiepunt van 2.5 kan hou.
Vir diegene wat nie ‘n teelkudde wil aanhou nie, blyk die afronding van jaaroud ossies op aangeplante weiding ‘n ekonomiese opsie te wees.